Sunday, December 30, 2007

DUISENDE VISSE VREK IN FLAG BOSHIELODAM !!!!!!!!!

Ondergaande is 'n Berig wat in Beeld verskyn op die 28ste Desember 2007. Soos reeds bekend het die Flag Boshielodam baie vinnig begin styg nadat Loskop dam oor sy wal begin vloei het. Dit het meegebring dat Flag Boshielodam binne elkele weke ook oor sy wal begin stroom het en op 109% gedraai het.

Beeld 28 Desember 2007
Duisende visse vrek; dosyne siek Christel Raubenheimer Christel RaubenheimerMarble Hall. Duisende visse in die Flag Boshielodam (voorheen die Arabiedam) in Limpopo het die afgelope week dood op rivieroewers hier gelê, terwyl dosyne ander visse in die water ooglopend siek was.“Dit is nag. Ons hengelaars vang vir ontspanning. “Maar hier is mense wat dié visse vang om te oorleef,” het mnr. Louis Eksteen, ’n apteker van die dorp, gesê. Die visse het volgens Eksteen veral in die Olifants- en Elandsrivier in dié omgewing gevrek.Talle visse het wit vlekke opgehad en in die vlak water rondgespartel. “Ons het al visse gevang met vratte en vergroeiings op. Daar is ook sulke wit kolle op die babers – jy gril eintlik vir die vis,” het ’n bekommerde Eksteen gesê.Hy het vroeër in die omgewing visgevang en was verstom oor die aantal dooie vis wat rondgedobber het. “Hier is baie suurstof in die water. Dié visse vrek van gif.“As sulke groot visse vrek, kan jy dink hoe groot is die konsentrasie gif in die water?”By die laagwaterbrug oor die Elandsrivier op die Moosrivier/Swartkop-pad buite Marble Hall, het ’n stank oor die omgewing gehang. Dit het egter nie besoekers gekeer om lustig verder vis te vang by die oorloop van die Flag Boshielodam nie.Sommige mense het tot van die dooie visse nader gehark en voorberei om te eet. Die kormorante het ook kort-kort in die water geduik en elke keer met ’n half-verlamde vis weggevlieg.“Die krokodille vreet ook die vis. Hier gaan nie ’n enkele vis oorbly nie,” het Eksteen gesê. Mnr. Hilgard Matthews, kommunikasiehoof van die departement van waterwese, het gister gesê die departement se streekkantoor in Limpopo versamel tans inligting oor die visvrektes.“Die eerste vertrekpunt in só ’n geval sou wees om monsters te neem van die suurstofvlakke in die water en moontlike chemikalieë daarin. Dit neem gewoonlik ’n paar dae.” Dié visvrektes is nie die enigste wat die laaste paar weke kommer gewek het nie. Beeld het vroeër vandeesmaand ook berig oor visvrektes in die Bronkhorstspruitdam (oos van Pretoria). Die visse het van kleur verander en blase ontwikkel. Daar was ook ’n herrie in September nadat Beeld berig het oor ’n verslag wat wys die water in die Rietvleidam, in die ooste van Pretoria, bevat ’n giftige mengsel van landbou- en industriële chemikalieë wat menslike en dierlike hormone kan aanval. Daar was ook stowwe wat veral manlike diere in die Rietvleidam laat vervroulik.Ook by die Loskopdam, in Mpumalanga, is 14?t dooie moddervis ’n ruk gelede uit die dam gehaal. Daar was ook ’n dooie skilpad, ’n klomp dooie likkewane en die krokodille was besig om een ná die ander te vrek.


Op die oog af klink dit na 'n ekologiese ramp wat hier plaasgevind het. Toe ek eerste berig hiervan gekry het het ek onmiddelik met die amptenare by Schuinsdraai Reservaat kontak gemaak en daar was onomwonde aan my gestel dat nie sprake is van grootskaalse vrektes nie maar dat vis wel oor die damwal val en dood of beseer raak. Die drukking van die water wat oor die wal kom is te veel en die vis val op beton blokke wat deel uitmaak van die konstruksie van die wal.


Ek het ook op Vrydag met die beampte in beheer van Schuinsdraai gesels wie weer aan my bevestig het dat daar wel vis vrektes voorgekom het in die omgewing van die Elandsrivier se inloop tot Flag Boshielodam. Dit was egter lokaal in die spesifieke area en nie in enige ander plek in die dam nie. Dit kan dus dui op 'n besoedelings bron vanuit die Elands rivier. Waterwese het ook reeds water monsters geneem om te probeer bepaal waaraan die vis gevrek het. Uitslae sal binnekort beskikbaar wees, Sy het egter vermoed dat dit dalk landbou besoedeling kan wees aangesien daar baie landbou aktiwiteite in die opvangsgebied van die rivier plaasvind maar dit kon nog nie bevestig word nie. Sodra meer oor die visvrektes bekend is sal dit op die blog geplaas word.

Faan Coetzee

Friday, December 28, 2007

JANUARIE 2008

Saterdag die 5de Klubaktiwiteite

Vrydag die 11de - Junior oewerhengelproewe Gariepdam
Saterdag die 12de - Junior oewerhengelproewe Gariepdam / Dames Ajv, Verref Rec Hall Vereniging.
Donderdag die 17de - LIMVOV Dagbestuursvergadering
Saterdag die 19de - Klubaktiwiteite, Algheel Tvl vir Dames
21ste tot die 24ste - Nasionale karphengel proewe Bloemhofdam
Sondag 27ste tot 30ste - Tri Nations Team event (Snrs, Ladies, Jnrs, Masters &Federation Teams)

Thursday, December 27, 2007

ORION HENGELKLUB SE EERSTE VANGSTES BY FLAG BOSHIELODAM

Ten tyde van die neem van die fotos was die dam ongeveer 70% vol en was dit reeds duidelik dat dit begin styg het. Met die pos van die fotos op die blog was die dam reeds 109% vol en het dit ongeveer 'n meter oor die nuwe wal gevloei. Die kompetisie was die eerste van die nuwe Orion Hengelklub en het plaasgevind op die 17 de November 2007
Heinrich Fourie

Christo De Winaar


AJ Dreyer

Antonette Jordaan


Danie en Christo by die inweeg


Danie Joubert

Johan Fourie


Faan Coetzee


Andre van Dyk

Hannelie Coetzee

Monday, December 24, 2007

"Comments" nou oop vir almal

Neem kennis dat daar nou sonder enige registrasie "comments" gemaak kan word op enige van die artikels wat gepos word op die blog. Neem gerus deel aan die blog fasiliteit want dit gee my aanduiding hoeveel mense wel die blog besoek.

FEESGETY WENSE 2007

Dit is my voorreg om ook gedurende die tydperk aan al die lesers van die blog 'n hartlike toewensing te gee vir die Kersgety. Mag U almal God se vrede en vreugde ervaar deur die feestydperk maar ook daarna.

Mag 2008 ook U vir almal op 'n hoe noot begin en mag al U aspirasies vir die nuwe jaar bewaarheid word.

Dankie ook dat U hierdie blog gereeld besoek het en my vertroue is dat U dit meer gereeld in die komende jaar sal doen. My onderneming is ook om meer gereeld iets te pos wat vir almal betekenis sal he.

Groete

Faan coetzee