Showing posts with label Limvov nuus en besluite. Show all posts
Showing posts with label Limvov nuus en besluite. Show all posts

Thursday, January 8, 2009

THE YOUNG CHAMPIONS OF LIMPOPO

During December 2008 the South African Freshwater bank Angling Federation presented its "penkoppe" National Championships in Bloemhofdam. Limpopo entered a team of younsters Skippered by Craig Niel and Martin Combrinck. The little ones left front are Micaela and John Craig Niel, who are the son and daughter of Craig Niel.




The Championships were presented in the Bloemhofdam and more specifically the area know as the "sloep" reknowned for its big barbel and big bags of fish. During the competition Micaela caught the second biggest Grass Carp of 2.210 Kg and only missed the medal for the biggest by a mere 5 grams.

Thats not fair ! A prize fish anyway you look at it.

John Craig on the other hand conquered as the Catfish Champion by catching the biggest Barble on every day and recieved the gold medal for one of 9,88Kg. They say "klein botteljies dra groot gif" This is it.






John Craig was also invited to the National Trials and he stands a good chance of making one of the National Teams again. He recieved his National Federation colours last year.


True to real fishermen and woman they never stop fishing. Even after a hard days fishing in a championship they stil have the desire to catch a bigger fish. Micaela ....... get this! .......caught a Barble of 17.78 Kg which really sounds like a "scaly" story especially if you look at the size of her! but the scale was not scaly!








It's longer than her!!!!!!! .............. I think it even weighs more than her !!!!!! And this is how she did it. Simply brute force !!!!!! Take note guys ...... take note of the mussle!!!




And off course Daddy was there to help hold on to prevent the catfish dragging her in at times.





The kids also have some fun in between and the ussual initiation for new members of the team was not neglected.





AS A PROVINCE WE ARE VERY PROUD OF THE WHOLE TEAM FOR WHAT THEY HAVE DONE FOR THE SPORT AND THE PROVINCE.

WELL DONE !!

Friday, August 22, 2008

LIMPOPO HENGEL LIGA 1 VAN DIE 2008 SEISOEN 13 EN 14 SEPTEMBER 2008 - JOHAN FOURIE BERIG





Dagse Klub Voorsitters

Jammer om so laat die gegewens deur te gee maar daar is darem nog tyd.
Ten eerste wil ek mooi vra dat elke klub moet vir my ‘n naamlys deur stuur van al die lede wat gaan hengel die naweek asook die besoekers voor of op 06 September 2008.
Twedens die regisrasie nommers van die voertuie wat gebruik word.
Derde moet elke klub ook Beamptes voorsien vir die twee dae.Dui sommer aan op die hengelaars se lys wie as beamptes sal optree.
Die rede is die eienaar van die oewer het streng sekuriteit by die ingang en as die hengelaar se naam nie op die lys is gaan hy nie toegelaat word om in te gaan.

Die oewer sal LANGAMANZI by Witbankdam wees. Kostes is as volg:
As jy die oewer net vir die dag besoek R30-00 per kop.
As jy Vrydag en Saterdag oorslaap R50-00 vir die naweek.
As jy net een nag oorslaap R50-00.
Krag punte is beskikbaar R25-00 eenmalig.

Die oewer is net vir die Limpopo Provinsie bespreek en daar sal geen ander hengelaars toegelaat word nie.

Alternatiewe verblyf naby die dam is The Beech met Chalets en kamers. Die plek word aanbeveel. Kontak nommer: 013-6911904
Barham Bay Kontak Nommer :0796269392 Amanda of Lyndi.
Maanlig Kontak nommer : 0796269392

Ons kom om 05h30 bymekaar op Saterdag en Sondag vir die opening en penne trek. Hengel vanaf 07h00 tot 15h00.

Friday, January 4, 2008

STAND VAN DAMME IN DIE PROVINSIE

Daar is 'n nuwe link aangebring wat jou neem na die webtuiste van Dept. Waterwese se tabelle vir die stand van damme. Al wat jy doen is om op die link te klik en dit sal 'n kaart oopmaak. Klik op die provinsie wat dan die tabel vir daardie streek sal oopmaak. Van ons damme soos Flag Boshielodam word onder Mpumalanga gelys.

Monday, December 24, 2007

FEESGETY WENSE 2007

Dit is my voorreg om ook gedurende die tydperk aan al die lesers van die blog 'n hartlike toewensing te gee vir die Kersgety. Mag U almal God se vrede en vreugde ervaar deur die feestydperk maar ook daarna.

Mag 2008 ook U vir almal op 'n hoe noot begin en mag al U aspirasies vir die nuwe jaar bewaarheid word.

Dankie ook dat U hierdie blog gereeld besoek het en my vertroue is dat U dit meer gereeld in die komende jaar sal doen. My onderneming is ook om meer gereeld iets te pos wat vir almal betekenis sal he.

Groete

Faan coetzee

Tuesday, September 18, 2007

Nuwe hengel webtuiste

Daar is 'n nuwe hengel webtuiste byname www.anglingonline.co.za dit word bedryf deur Teus Bezuidenhout van KZN. Daar is groot potensiaal.

Wednesday, August 1, 2007

LIMPOPO HENGELAARS KRY GROEN EN GOUD

V.l.n.r. Nelda Myburgh, Marius Rush, Jaques Niehaus, Faan Coetzee en Dave Bishop
Die Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie het Saterdagaand die 28ste Julie 2007 sy jaarlikse Nasionale Kleure Toekenningsaand in die Vereniging Stadsaal gehou. Tydens die funksie het nie minder as 5 Limpopo hengelaars verbonde aan die Limpopo Varswater Oewerhengel Vereniging, Protea kleure ontvang. Craig Niel van die Noordelike Swerwers Hengelklub was ook ingesluit in die Federasie se Senior Match hengel A span.

Nelda Myburgh van Polokwane se Labeo Hengelklub is ingesluit in die Dames Proteaspan wie op die 14 de Julie 2007 na Spanje vertrek om Suid Afrika daar in die Wereldkampioenskappe vir dames te gaan verteenwoordig. Nelda het ook die silwer medalje vir dames gewen tydens die 2006/2007 hengelsiesoen.

Marius Rush en Jaques Niehaus van die Noordelike Swerwers Hengelklub is ingesluit in die Proteaspan wat gedurende Oktober 2007 aan die Wereld Karphengel Kampioenskappe in Europa gaan deelneem. Suid Afrika bied ook die Wereld Karphengel kampioenskappe in 2008 in Suid Afrika aan. Alle aanduidings is dat die kampioenskap in die Bloemhofdam by Bloemhof aangebied gaan word.

Faan Coetzee is ‘n lid van die Senior Proteaspan wie op die 28ste Augustus na Hongarye vertrek om Suid Afrika in die Match Angling Wereld Kampioenskappe te verteenwoordig. Faan het reeds voorheen driemaal Junior Proteaspanne as Bestuurder en afrigter gelei waaronder hy twee keer spanne in die wereldkampioenskappe in Europa aangevoer het. Hy was ook verlede jaar ‘n lid van die Protea Hengelgroep wat aan die Wereld Hengelspele in Portugal deelgeneem het. Hierdie jaar is die tweede agtereenvolgende jaar waarin hy aan Senior Wereldhengelkampioenskappe deelneem.

Dave Bishop is aangewys as ‘n lid van die Senior Nasionale Proteaspan wat eersdaags aan die Zone 6 Toernooi teen Zimbabwe en Namibie in Zimbabwe gaan deelneem. Dave is ‘n lid van die Noordelike Swerwers Hengelklub.
Baie geluk aan almal as ek dit maar self mag se. Ek weet wat dit vat om tot op die vlak te vorder daarom is die prestasie so puik dat ons so 'n groot aantal Proteas opgelewer het. Aan almal word sukses toegewens met julle deelname aan die onderskeie kampioenskappe. Mag elkeen van julle top presteerders word.
Limpopo presteer goed op kampioen van kampioenne kompetisie
Die Limpopo provinsie het deur middel van sy prestasies behaal tydens nasionale kampioenskappe 9de posisie uit 15 behaal en self met sterker proivinsies as hyself afgereken..
Die wenner vir die jaar was weer die Vrystaat wat die toekenning verledejaar aan Sentraal Gauteng moes afstaan. Die Vrystaat het nou reeds die trofee 11 keer uit die 12 jaar wat dit bestaan gewen.
Limpopo het progresief beter gedoen oor die jare en sou hy 'n meesterspan by 'n SA kampioenskappe gehad het kon die prentjie selfs baie beter gelyk het.

Wednesday, June 20, 2007

SKOONMAAK VAN ARABIEDAM OEWER AFGELAS

Neem kennis dat die skoonmaak operasie van die Schuinsdraai oewer afgelas is weens probleme met die bekom van 'n permit en die fooi betaalbaar.

Alle spanne kom nou in Nysltroom by die skool bymekaar waar beplanning vir die jaar sal plaasvind.

Friday, June 1, 2007

OPERASIE SKOONMAAK SKUINSDRAAI FLAG BOSHIELO




Die dagbestuur van die provinsie versoek dat alle provinsiale spanne op die 23ste Junie hulle oefendae by die oewer sal aanbied. Die doel daarvan is om 'n begin te maak met die skoonmaak van die oewer sodat dit weer hengelbaar kan raak vir toekomstige gebruik vir ligas en ander toernooie.


Bring soveel moontlike hengelaars en helpers saam as wat julle kan en kom ons doen die ding.


Kyk die fotos van hoe die oewer nou lyk as die water terug getrek het.


Monday, May 28, 2007

LIMPOPO SPANNE VERPLIGTE OEFENDAG

Die Limpopo Varswater Hengelvereniging se Provinsiale spanne kom op die 23 ste Juniue 2007 byeen vir die jaar se eerste verpligte oefendag. Spanmbesture moet toesien dat al hulle onderkeie spanne hiedie geleentheid ten gebruik om die jaar se beplanning te doen.



Dit is soos in enige ander sport van kardinale belang dat spanne vroegtydig begin fokus op die jaar se kampioenskappe ten einde die beste prestasie te behaal.



Die onderskeie spanbesture word versoek om hulle reelings rondom hierdie dag met die Vise President van die Vereniging te komunikeer ten einde 'n gekoordineerde poging daar te stel.