Showing posts with label Match Hengel. Show all posts
Showing posts with label Match Hengel. Show all posts

Wednesday, July 16, 2008

NELDA MYBURGH PRESTEER IN MATCH HENGEL 2007/08


Op die 11de Julie 2008 het die Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie sy jaarlike kleure toekenningsaand in Vereniging aangebied. Gedurende hierdie geleentheid vereer die Nasionale liggaam hengelaars se prestasies behaal tydens die afgelope jaar en word nasionale en federasie kleure ook aan die onderskeie hengelaars toegeken.

Nelda Myburgh van die Limpopo provinsie se Varswater Oewerhengel Vereniging, en lid van die Labeo Hengelklub in Polokwwane was dan ook tydens die geleentheid vereer vir haar insluiting in die Dames Proteaspan wie gedurende Augustus aan die dames wereldhengel kampioenskappe in Hongarye gaan deelneem. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar waarin Nelda hierdie prestasie behaal het en Limpopo is trots op haar.

Tydens die Matchhengel faset se prysuitdeling wat ook gedurende die naweek afgehaldel is het Nelda verskeie toekennings ontvang vir haar deelname aan die bedrywighede van die unieke faset. Nelda het in April vanjaar die eerste Nasionale kampioenskappe vir dames gewen en het die eer gehad om as eerste dames matchhengel kampioens vir Suid Afrika gekroon te word. Dit is voorwaar 'n prestasie as in ag geneem word dat Nelda met van die beste hengelaars in Suid Afrika afgereken het.

Verder het Nelda ook derde geeindig op die ligawedstryd reeks vir die jaar en het ook die swaarste karp, baber, en twee moddervisse vir die jaar ingeweeg. Sy het ook drie van die wedstryde waarin sy gehengel het gewen en sertifikate daarvoor ontvang. Verder het sy ook 'n nuwe SA rekord opgestel met 'n oranjerivier moddervis van 1,5 kg. Met haar uistaande prestasies het sy ook weer gekwalifiseer vir deelname aan die Kewin Downey Memorial wedtsryd wat gedurende Desember beslis word. Die room van Suid Afrikaanse Matchhengel neem aan die toernooi deel wat met die hoogste prysgelde vir enige soortgelyke kompetisie spog. Na wat verneem word gaan die prysgelde die jaar die R100,000 perk bereik.

Met die oog op Nelda se deelname aan die komende wereld hengelkampioenskappe word U ook daarop gewys dat ons hengelaars alle kostes self moet dra en indien daar enige instansie of persoon is wat dalk kan help met geldelike bydraes dit hoogs waardeer sal word. U kan U breidwilligheid aan fcoetzee@ledet.gov.za epos waarna ek U sal verwys na die tesourier van die Limpopo provinsie vir inbetalings besonderhede.

Welgedaan Nelda !!

Thursday, July 12, 2007

Nelda Myburgh Presteer

Tydens die pasafgelope jaarafsluitings funksie van die Match Hengel Faset het Nelda die silwer medalje verower in die dames afdeling. Inagenome dat Nelda eers onlangs tot die faset toegetree het is die prestasie besonder goed. Sy het met van die land se beste hengelaars afgereken. Die Dames afdeling was gewen deur Annetjie Downey.




By die mans was die wenner Piet Bekker van die Vrystaat en dit sal natuurlik die cheetah ondersteuners se harte blymaak. Ek het 'n 10 plek behaal met die paar wedstryde wat ek kon bywoon weens my arm operasie. Die Junior afdeling was gewen deur M. Kriel van Gauteng Noord. Uiteindelik 'n Bloubul in die kamp.

Die Junior proteaspanne vertrek eersdaag om aan die wereld kampioenskappe deel te neem terwyl die dames span vroeg Augustus na Spanje vertrek waar Nelda haar vuurdoop in 'n eerste wereldkampioenskappe sal kry. Die span gaan deelneem in Toledo spanje en na wat verneem word gaan lekker groot vis gevang word. Voorbereidings is in alle erns aan die gang. Ons wil graag vir Nelda baie geluk wens met haar prestasie en ook sukses toewens met haar wereld kampioenskappe deelname. Mag dit daar ook goed gaan.

'n Brokkie goeie nuus is dat Suid Afrika die geleentheid gegee was om die Dames Wereldkampioenskappe in 2010 in Suid Afrika aan te bied. Dit is 'n teken dat ons erkenning kry op hoogste gesag en ons sien uit om daarby betrokke te raak.

Gooi diep en ver en laat le lank, die byte is min die tyd van die jaar !!!!!!!

Groete

Saturday, June 2, 2007

Match hengelaars hengel wedstryd in Doorndraaidam


Die Limpopo Provinsie het onlangs 'n wedstryd vir die Match Hengelfaset in die Doorndraaidam aangebied.

Die vis het egter nie gebyt soos wat enige hengelaar graag sou wou he nie maar nietemin het heelwat vis op die dag uigekom.

Die wedstryd was aangebied in die Doorndraaidam op die 12 de Mei 2007 en was bygewoon deur verskeie protea hangelaars van sover as Gauteng en die Vrystaat.

Die faset is relatief nuut en het vir die eerste keer die jaar 'n Nasionale kampioenskappe aangebied in die Bloemhofdam. Die faset is ook een van die twee fasette waarin hengelaars internasionale deelname in wereld kampioenskappe kan verwerf.

Vir enige navrae kan Faan geskakel word by 0828098927 of epos coetzeef@LEDET.gov.za

Die wedstryd was gewen deur Martin Van Gastel van Sentraal Gauteng in die senior mans afdeling. 'n Plaaslike hengelaar Nelda Myburg het by die dames gewen en Mohhamed Hassin het die junior afdeling gewen.