Saturday, June 2, 2007

Match hengelaars hengel wedstryd in Doorndraaidam


Die Limpopo Provinsie het onlangs 'n wedstryd vir die Match Hengelfaset in die Doorndraaidam aangebied.

Die vis het egter nie gebyt soos wat enige hengelaar graag sou wou he nie maar nietemin het heelwat vis op die dag uigekom.

Die wedstryd was aangebied in die Doorndraaidam op die 12 de Mei 2007 en was bygewoon deur verskeie protea hangelaars van sover as Gauteng en die Vrystaat.

Die faset is relatief nuut en het vir die eerste keer die jaar 'n Nasionale kampioenskappe aangebied in die Bloemhofdam. Die faset is ook een van die twee fasette waarin hengelaars internasionale deelname in wereld kampioenskappe kan verwerf.

Vir enige navrae kan Faan geskakel word by 0828098927 of epos coetzeef@LEDET.gov.za

Die wedstryd was gewen deur Martin Van Gastel van Sentraal Gauteng in die senior mans afdeling. 'n Plaaslike hengelaar Nelda Myburg het by die dames gewen en Mohhamed Hassin het die junior afdeling gewen.

1 comment:

eastes@derdekraal said...

Goeie dag, ons het 'n Winter Carp Classic (aangebied deur Round Table) by Doorndraaidam, Limpopo, 9 tot 11 Julie 2010. Inskrywings in R200 per hengelaar plus eie kampfooi (R50 per dag). Kontak ons by: Pierre 0839484028 en Riaan 0833240344. 1st prys R5000 kontant, 2de R2000, 3de R1000. Plus lucky draw pryse van oor die R3000.