Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN DIE DIVIDENDE

Bellegging in jou span vermenigvuldig mettertyd

Ek is daarvan oortuig dat die meeste mense besef dat almal in die span by belegging in ‘n span baat. Die vraag wat meeste mense egter vra, is nie hoekom nie, maar hoe. Hier is tien stappe wat gebruik kan word om ons span te bou:

Neem die besluit om die span te bou; dit begin die belegging in die span

Daar word gesê dat elke reis by die eerste tree begin. Die besluit dat mense in die span die moeite werd is om te ontwikkel, is die eerste stap om ‘n beter span te bou. Dit vereis toewyding.

Kry die allerbeste span bymekaar ... dit verhoog die potensiaal van die span

Die besluit dat mense in jou span die moeite werd is om te ontwikkel, is die eerste stap om ‘n beter span te bou.

Betaal die prys om die span te ontwikkel... dit verseker die groei van die span

Dit kos iets om die span te ontwikkel. Jy sal tyd moet afstaan wat vir persoonlike produktiwiteit gebruik kon word. Jy sal geld moet spandeer wat tot persoonlike voordeel aangewend kon word. En soms sal jy jou persoonlike agenda eenkant toe moet skuif. Die voordeel vir die individue – en die span – is egter die prys werd. Alles wat jy gee is ‘n belegging

Doen dinge saam as span... dit gee samehorigheid aan die span.

Selfs as jy die wedstryd van jou lewe gehengel het sal dit die gevoel van spanwerk wees wat jy onthou. Jy sal selfs die aantal vis, massa en punte vergeet maar jy sal nooit jou spanmaats vergeet nie. Die enigste manier waarop eensgesindheid en samehorigheid onder spanmaats kan ontwikkel, is om dinge saam te doen.

Bemagtig spanlede met verantwoordelikhede en gesag... dit kweek leiers vir die span

Die grootste groei vir mense vind plaas as gevolg van probeer en tref persoonlike ervarings. Enige span wat wil hê dat mense ‘n hoë vlak van prestasie – en hoër vlakke van leierskap – moet bereik, moet vir spanlede gesag sowel as verantwoordelikhede gee. Leiers in spanne moet nie jou posisie beskerm of jou mag opgaar nie. Gee dit weg. Dit is die enigste manier om jou span te bemagtig.

Gee krediet vir sukses aan die span... dit lig die moreel van die span

Mark Twain het gesê : “Ek kan twee maande lank leef van een goeie kompliment”

Dit is hoe die mense voel. Hulle is bereid om hard te werk as hulle erkenning ontvang vir hulle pogings. Dit is waarom Napoleon Bonaparte gesê het: ‘n sodaat sal lank en hard veg vir ‘n stukkie gekleurde lint. Komplimenteer jou spanmaats. Praat positief omtrent spanmaats en hulle prestasies. En as jy die leier is, dra die blaam maar neem nooit die krediet nie. Doen dit en jou span sal altyd vir jou veg.




Wag en kyk hoe lonend die belegging in jou span is... dit gee die span aanspreeklikheid

As jy geld belê verwag jy opbrengs – miskien nie onmiddelik nie , maar wel mettertyd. Hoe sal jy weet of jy grond wen met jou belegging? Jy moet daaraan aandag gee en sy vordering meet.

Dieselfde geld vir beleggings in mense. Jy moet kyk of daar opbrengs is op die tyd, energie, en middele wat jy in hulle belê. Die belangrikste resultaat wat jy wil sien is groei.

Beeindig jou belegging in spelers wat nie wil groei nie... dit illimineer groter verliese vir die span

Een van die moelikste ervarings vir ‘n spanlid is om ‘n spanmaat agter te laat. Tog is dit wat jy moet doen as iemand in jou span weier om ter wille van die spanmaats te groei of te verander. Hou dus op om tyd te mors op iemand wat nie kan of wil beter raak nie. Dit moet egter nie beteken dat jy minder vir hom omgee nie.

Skep nuwe geleenthede vir die span... dit stel die span in staat om te strek

Daar is geen groter belegging om in ‘n span te maak as om dit nuwe geleenthede te bied nie. Dit gee die span geleentheid om te groei en dit bevoordeel die span asook die individu. Elkeen het dus die geleentheid om sy potensiaal te bereik.

Gee die span die allerbeste kans om te slaag... dit waarborg ‘n hoe opbrengs aan die span

Waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg, waar daar ‘n span is daar meer as een weg. Om bymekaar te kom is ‘n begin, om bymekaar te bly is vordering. Om saam te werk is sukses. Maak persoonlike opofferings vir jou span, help ander wat sukkel om beter saam te werk en skep ‘n geleentheid en ruimte vir die span om sy allerbeste te kan gee.

DIE OUTEUR VAN DIE BOEK 17 ONBETWISBARE WETTE VAN SPANWERK – JOHN MAXWEL Sê DIT OOR SY EIE SPAN

My span maak my beter as wat ek is
My span vermeniguldig my waarde vir ander
My span stel my in staat om te doen wat ek beste doen
My span gee my meer tyd
My span verteenwoordig my waar ek nie kan gaan nie
My span verleen gemeenskaplikheid vir ons plesier
My span vervul my hartsbegeertes.

As jou huidige spanervarings nie so positief is soos jy graag sou wou he nie, dan is dit tyd om jou vlak van belegging te verhoog. Om ‘n span te bou vir die toekoms is net soos om ‘n finansiele neseier te ontwikkel. Dit kan dalk stadig begin, maar wat jy insit, bring opbrengs – soortgelyk aan die manier waarop saamgestelde rente in finansies funksioneer. Probeer dit en jy sal vind dat die wet van die dividende werklik werk. Belegging in die span vermenigvuldig mettertyd.

No comments: