Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN HOE MOREEL

“Wanneer jy wen maak niks seer nie”

Tydens die 1996 Olimopiese spele het die Amerikaanse vroue gimnastiekspan die eerste keer in die geskiedenis die Olimpiese Goud gewen. ‘n jong Gimnas Kerri Strugg was in die posisie om met die laaste sprong op die vloer oefening die goud vir haar span en haar land vir die eerste keer te wen. Haar eerste sprong het misluk en sy het op haar voete gegly en geval en haarself beseer. Gelukkig het die vroue ‘n tweede sprong en sy kon dus met ‘n goeie tweede sprong nog wen maar nou was sy beseer. Sy kon ophou en haar span kon moontlik nog wen sonder haar eerste sprong maar die sterkste gimnas van Rusland moes nog haar sprong doen en ‘n hoë telling sou hulle beslis laat wen. Strug het dus geweet wat sy sou moes doen. Sy moes haar tweede sprong slaag. Haar afrigter het haar genader en gevra; “Gee my een laaste sprong, Gee my een laaste goeie sprong” Sy het toe nie geweet dat twee van haar ligamente in haar linker enkel geskeur het nie. Die sprong was goed en sy het op haar voete beland maar toe verskriklike pyn ervaar. Terwyl sy op een voet staan het sy glimlaggend die beoordeelaars gesalueer en toe inmekaar gesak. Sy het haar sprong geslaag, ‘n goeie punt gekry en haar span het goud gewen. Haar afrigter het haar na die podium gedra om haar medalje te gaan haal. Sy kon asgevolg van die besering nie aan haar beste individuele item wat nog moes kom deelneem nie, ‘n doelwit waaraan sy 4 jaar lank gewerk en vasgeklou het. Sy het haarself dus letterlik vir die span opgeoffer.

Strug se eie woorde was reguit en eenvoudig: “Wanneer jy goed doen, dink jy dit was die moeite werd. Wanneer jy so baie opoffer en jy doen uitendelik goed, dan voel dit regtig goed” Met ander woorde, wanneer jy wen, maak niks seer nie. Dit is die wet van Hoë Moreel.

Hoë moreel is noodsaaklik om die regte omstandighede te skep vir enige span om op die hoogste vlak te presteer.

HOë MOREEL IS WONDERLIK

As die span wen is die moreel hoog, en as die moreel hoog is dan is die span in ‘n posisie om te wen. Hoe moreel kom dus eerste omdat dit die positiewe dinge wat in ‘n span gebeur vergroot.

Hoë Moreel is die groot oordrywer

Wanneer die hele span positief is en al die spelers voel goed opmtrent hulle self, lyk alles goed. Dit is asof voorbereiding gladder verloop. Dit lyk asof elke gelukslag na jou kant toe kom. Die klein oorwinnings lyk soet, en die grotes laat jou byna oorweldig voel. Dit is die werk van die groot oordrywer.

Hoë Moreel maak positief.

Wanneer die span hoe moreel het, beweeg die prestasie van die spelers na ‘n heeltemal nuwe vlak. Die span konsentreer op sy potensiaal, nie sy probleme nie. Spanlede word meer toegewyd. En almal vind dit makliker om onselfsugtig te wees. Spanlede is vol vertroue, en daardie vertroue help hulle om op ‘n hoër vlak te presteer.

Wanneer ‘n span verloor gebeur die teenoorgestelde. Spelers fokus op hulle probleme, toewyding daal, en almal sorg eerder vir hulle self as vir mekaar. Wanneer jy dus verloor maak alles seer.



Hoë Moreel is die groot energie wekker

Hoë moreel gee ‘n span energie. Spelers word soos energizer hasies: hulle hou aan en aan. Geen berg lyk te groot nie. Geen resies te lank nie geen vis te groot nie. Hulle entoesiasme bou saam met hulle energie op en die span ontwikkel ‘n onstuitbare momentum.

Hoë Moreel is die groot sifter

As gevolg van die momentum en energie wat daarmee saamgaan word moreel ook die groot sifter. Terwyl ‘n span verloor en swak moreel ervaar deur selfs die kleinste probleempie seergemaak kan word, sal ‘n span met hoë moreel voortgaan selfs wanneer ‘n reuse struikelblok of – terugslag wat hulle andersins sou lamlê onder die oë gesien moet word. Dit lyk of probleme verdwyn – ongeag hoe groot dit is.

Hoë Moreel is die groot bevryder

Wen skep ‘n blaaskans. ‘n Goeie span met hoë moreel sal daardie blaaskans gebruik om risikos te neem en nuwe idees, nuwe tegnieke en konsepte op die proef te stel wat dit andersins dalk nie sou doen nie. Deur die dinge te doen onstaan kreatiwiteit en inovering. Op die duur bevry hoë moreel die span om sy potensiaal te bereik.

SPANWERKGEDAGTE

Wanneer jy goed doen dan voel jy goed- wanneer jy goed voel dan doen jy goed- kom ons voel dan goed.

HOE OM ‘N BETER SPANLID TE WORD.

As jy die vrugte van die Wet van die Hoë Moreel wil pluk, kan jy nie wag todat jou moreel hoog is voordat jy begin presteer nie.Jy moet jou pad om so te voel betree terwyl jy oefen, nie voel-voel jou pad na oefen betree nie. Begin deur op te tree op ‘n vlak van uitmuntendheid wat pas by iemand wat ‘n wenseisoen beleef. Jou toewyding en entoesiasme sal jou prestasie help – en sommige van jou spanmaats inspireer.

No comments: