Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN DIE VOORDEEL

“ Die verskil tussen twee spanne wat ewe talentvol is, is leierskap”

Spanne soek altyd ‘n voordeel. Balsporte werf nuwe talent of ontwikkel nuwe taktiek om sterk oponente te klop. Besighede belê in die jongste tegnologie. Almal soek die tower formule wat tot sukses sal lei. Ons as hengelaars soek voortdurend na ‘n magiese dip of die grondvoer wat die beste sal werk, en hoe meer kompeterend die oposisie is hoe meer genadeloos is die soektog.

Wat is die sleutel tot sukses? Is dit talent, Harde werk? Tegnologie? Doeltreffendheid. Om suksesvol te wees het ‘n span al daardie dinge nodig, maar dit het nog iets nodig. Dit het leierskap nodig.

Personeel bepaal die die potensiaal van die span
Visie bepaal die rigting van die span
Werksetiek bepaal die voorbereiding van die span
Leierskap bepaal die sukses van die span.

Alles staan en val met leierskap. As ‘n span uitstekende leierskap het, kan dit Alles kry wat dit nodig het om tot die hoogste vlak te gaan. Kyk maar na enige van ons sportsoorte en die spanne wie goed gevaar het se leierskap was goed. Ons het die rugby wêreld beker gewen met Franscois Pienaar as leier. Ons eie proteas wen gewoonlik hulle toetse en dit is veral Neville Burr Dixon se leierskap wat genoem word as deel van die sukses.

Leierskap het te doen met hoe om spelers te verstaan, hulle bymekaar te bring, en hulle te kry om as span saam te werk om hulle potensiaal te bereik.

MOET HOëR GELIG WORD

Met goeie leierskap verbeter alles. Leiers is mense wat ander hoër lig. Hulle druk die denke van hulle spanmaats verby ou grense van kreatiwiteit. Hulle lig ander se prestasie hoër, maak hulle beter as wat hulle ooit tevore was. Hulle verbeter hulle vertoue in hulleself en mekaar. En hulle verhoog die verwagtinge van almal in die span. Die sleutel is dus om met mense te werk en hulle beste na vore te bring.

HOE OM DIE BORDJIES TE VERHANG

Leierskap is die sleutel tot die wet van die voordeel, maar moenie die idee kry dat die verantwoordelikheid van leierskap altyd by een persoon berus nie. Die werklike leierskap in ‘n span word gedeel. Die idee dat een persoon altyd die leiding neem is nie waar nie. Dieselfde persoon behoort nie die span in elke situasie te lei nie. Die uitdaging van die oomblik bepaal gewoonlik die leier vir daardie uitdaging omdat elke persoon in die span sterkpunte het wat benut kan word om daardie uitdaging die hoof te bied. Die spanleier moet dus sy spanlede so goed ken dat hy die regte leier vir die regte uitdaging kan kies en aanwys.

‘’n Goue gedagte: Almal is belangrik, maar almal is nie gelyk nie”.

HOE OM DIE SPAN ‘N VOORSPRONG TE GEE

In wese is leierskap soos ‘n onafgebroke voorsprong vir die span. Leiers sien verder as hulle spanmaats. Hulle sien dinge vinniger as hulle spanmaats. Hulle weet wat gaan gebeur en kan dit antisipeer. Hulle kry dus die span voor die tyd aan die beweeg in die regte rigting, en die span is dus in ‘n posisie om te wen. Hoe groter die uitdaging, hoe groter die behoefte aan die talle voordele wat leierskap bied. En hoe meer leiers die span ontwikkel, hoe groter is die voordeel van leierskap. As jy dus wil wen en oor ‘n lang tyd wil wen moet jy spelers in die span afrig om beter leiers te word.

SPANWERK GEDAGTE

Alles staan en val met leierskap.

HOE OM ‘N BETER SPANLID TE WORD

Jy hoef nie die leier in die span te wees om ‘n leier in ‘n span te wees nie. Begin vandag die proses waardeur jou leierskapsvaardighede verbeter word. Doen die volgende:

Erken die waarde van leierskap
Neem persoonlik die verantwoordelikheid vir jou leierskaps groei.
Skryf jouself in vir leierskapsontwikkelings programme.
Vind ‘n leierskapsmentor.

As jy eers waarde aan jouself toegevoeg het , sal jy aan ander waarde kan toevoeg – en ander beinvloed om jou span te help.

No comments: