“Interaksie vuur aksie aan”
“Doeltreffende spanne het spanmaats wat voordurend met mekaar praat.”
Enkele riglyne tot suksesvolle kommunikasie:
Van leier tot span
Leierskap staan of val met leierskap. ‘n Leier moet doeltreffend kan kommunikeer om te kan lei. Die spanleier moet die volgende standaarde volg om dit te kan doen:
Wees konsekwent in besluitneming
Wees duidelik en reguit met wat jy wil sê en bereik
Wees hoflik teenoor almal om jou
Die leier se kommunikasie bepaal die toon vir die wisselwerking van die span.
Van spanmaats tot leier
Goeie spanleiers wil nooit ja-broers hê nie. Hulle wil direkte, eerlike kommunikasie van hulle mense hê. Tydens spanpraatjies kan die beste idee slegs wen as almal openlik en opreg kommunikeer.Om alles op die tafel te hê verbeter die span.
Buiten reguit te wees is respek die ander eienskap wat spanlede teenoor hulle leier moet betoon wanneer hulle kommunikeer. Dis nie maklik om ‘n span te lei nie, dit is harde werk. Dit vereis persoonlike opoffering. Dit vereis soms dat moeilike en ongewilde besluite geneem moet word. Spanlede moet dus die persoon wat ingestem het om daardie rol te vervul respekteer en lojaal wees teenoor hom.
Onder spanlede
Min mense is suksesvol tensy baie ander mense wil hê dat hulle suksesvol moet wees. In ‘n span wat graag suksesvol wil wees, moet almal ter wille van almal kommunikeer. Dit beteken dat die volgende eienskappe openbaar moet word.
Wees ondersteunend: Moenie vra wat jou spanmaats vir jou kan doen nie maar vra wat jy vir hulle kan doen.
Bly op datum: Spanmaats wat ou probleme voortdurend uit die sloot grawe en voortdurend ou wonde oopkrap werk nie saam nie. En as hulle nie saamwerk nie is hulle verlore.
Wees kwesbaar: Spanne is soos klein gemeenskappe, en hulle ontwikkel net as die mense in hulle nie valse houdings teenoor mekaar inneem nie.
Spanne slaag of val met betrekking tot die manier waarop spanlede met mekaar kommunikeer.
Tussen die span en die publiek
Wanneer spanlede deur ander mense genader word, moet hulle drie punte onthou: hulle moet ontvangklik wees, reageer en realisties wees. Buitestaanders sal sien dat hulle belange goed aanvaar word. Verder is eenheid die belangrikste eienskap in ‘n span wat dit kan weerspieël.
“‘n Goue gedagte: Om saam te werk is om saam te wen”
SPANWERKGEDAGTE
“Kommunikasie verhoog verbondenheid”
HOE OM ‘N BETER SPANLID TE WORD.
Hoe toegewy is jy tot kommunikasie met die ander lede in die span? Ondersteun jy almal, selfs diegene wat nie jou vriende is nie? Is jy oop en kwesbaar, al is dit nie aangenaam nie? Koester jy ‘n grief teen enigiemand in jou span? Indien wel moet jy sake in die reine bring. As daar enige mure is tussen jou en ‘n ander spanlid wat goeie kommunikasie benadeel, moet jy dit verwyder. Dit is jou verantwoordelikheid.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment