Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DEI WET VAN IDENTITEIT

“Gedeelde waardes defineer die span”

Miskien was jy al ‘n lid van ‘n span met ‘n gebrek aan samehorigheid. Dit is veral van toepassing in groot organisasies waar baie mense deelneem en spanne gekies word en die lede mekaar nie noodwendig persoonlik ken nie. Dit neem dan tyd en ‘n groot poging om samehorigheid te kweek. Dit is hier waar die wet inskop want gedeelde waardes defineer die span.

Selfs al ken hulle nie mekaar nie, en persoonlike verhoudings nie bestaan nie kan ‘n gemeenskaplike visie en gedeelde waardes so ‘n span steeds aan mekaar, en die span verbonde bly. Ons kan ‘n gesamenlike doelwit hê maar elkeen in die span het sy eie idee van wat belangrik is. As gemeenskaplike waardes in so ‘n span kortkom sal die gevolg gaoties wees. Uiteindelik stort die span in duie as elkeen dinge op sy eie probeer doen. Dit is die rede waarom die spanlede op dieselfde bladsy moet wees.

DIE WAARDE VAN WAARDES

Waardes help ‘n span om meer samehorigheid te hê en doeltreffend te word. Gedeelde waardes is soos volg:

Gom

Wanneer moeilike tye kom – en elke span ervaar dit – hou waardes mense bymekaar. As spanlede nie weet wat hulle waardes is – en dit uitleef – nie, is hulle kanse om as ‘n eenheid te werk en hulle potensiaal te bereik uiters gering.

‘n Fondament

Alle spanne het ‘n fondament nodig om goed te presteer en te groei. Waardes skep hierdie fonament wat daardie dinge moontlik maak. Dit geld vir groei van feitlik elke tipe vehouding. ‘n Span het iets nodig om op te bou en waardes vorm die fondament.

‘n Liniaal

Waardes help ook om die norms vir ‘n span se prestasie daar te stel. Norms is iets wat meetbaar moet wees waarmee die spanlede kan identifiseer.

‘n Kompas

“As jy eers jou etiese waardes prysgegee het is die res kinderspeletjies”. (JR Ewing, van Dallas).

Enigeiets is aanvaarbaar vir iemand sonder waardes. As individue sterk waardes aangryp, het hulle ‘n morele kompas wat hulle help om besluite te neem. As ‘n span ‘n stel waardes identifiseer en aangryp, sal mense na ‘n maand, ‘n jaar of ‘n dekade steeds weet of hulle in die regte rigting beweeg.

‘n Magneet

‘n Span se waardes trek mense met dieselfde waardes na die span. Wie jy is, is wie jy aantrek. Mense trek ander enersdenkendes aan.


‘n Identiteit

Waardes defineer die span en gee dit ‘n unieke identiteit. Wat jy glo identifiseer wie jy is.

Moeder Theresa het die volgende gese;

“Jy kan doen wat ek nie kan doen nie, en ek kan doen wat jy nie kan doen nie. Saam kan ons groot dinge doen.”

As elke lid van die span hierdie filosofie sy eie maak en die benadering aangryp kan ons net groot dinge verwag.

No comments: