Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN DIE RESERWEBANK

“Groot spanne het groot diepte”

Hierdie wet gaan suiwer oor reserwe spelers en is dus minder van toepassing op ons situasie as op ander sportsoorte soos rugby en sokker. As ‘n span gekies is, is hy gekies en reserwes kan nie lukraak ingebring word om sekere impakte te bewerkstellig soos in rugby nie.

Ons span se diepte lê in die ses hengelaars wat deel uitmaak van die span. Aanvullings van buite is gewoonlik onmoontlik om te bewerkstellig as jy reeds toer. Daarom is spankeuse vir ons meer belangrik as in ander sporte. Dit is ook kardinaal belangrik om spanlede op die regte meriete te kies om seker te maak jy het die regte spanlede vir die regte doel wat jy hulle voor nodig het. Vir die eerste keer is ‘n span gekies uit aktiewe wedstryd hengelaars wie reeds baie volledig toegerus is en aktief aan die faset deelneem. Ontwikkeling van hengelaars is dus kardinaal belangrik in enige provinsie om die wet te laat werk, en dit strek oor ‘n lang tydperk. Weereens speel die wet van die telbord ‘n groot rol want hengelaars word gemeet teenoor individuele prestasie oor ‘n tydperk om te bepaal wie gekies gaan word. Hoe beter alle hengelaars dus ontwikkel hoe sterker word jou reserwemag. Namate die kwaliteit van hengelaars styg, styg die kompetering om in spanne opgeneem te word en vereis dit dus groter pogings van individue om te slaag en hier het ons weer te doen met die wet van Mount Everest. Die faset se groot gevaar lê egter daarin dat ons met die min hengelaars wat deelneem maklik kan begin dink dat ons goed is wat ontwikkeling kan strem.
Dit is dus baie belankrik om te belê in jou reserwe spelers want hulle is jou aanvangspelers vir die toekoms.

No comments: