“Die span kan aanpassings maak as hulle weet waar hulle staan”
Geen span kan doelgerig aan ‘n sport deelneem sonder om te weet waar hulle staan nie. Aanpassinsg moet voortdurende gemaak word namate omstandighede verander om in die doel te slaag. Om dus te weet hoe jy op die telbord vaar is belangrik en dit sal bepaal watter aanpassings jy as span sal moet maak om jou poging te verbeter om teen die telbord te kan opskuif.
Ons gaan ook probeer om ‘n spelplan op te stel wat suiwer gebaseer is op gegewes wat in die verlede plaasgevind het. Die oomblik as die eerste sein gegee word en die kompetisie begin, is die plan baie belangrik maar die telbord niks nie. Namate die wedstryd vorder beteken die spelplan al minder en word die telbord al belangriker. Hoekom, omdat die spel voortdurend verander. Jy sien die spelplan sê vir jou wat jy wil hê moet gebeur maar die telbord sê vir jou wat besig is om te gebeur.
Die telbord sê dus vir jou wat jou werklike situasie is en indien jou spelplan besig is om jouself in die voet te skiet moet verandering plaasvind om die situasie te verander. Spanlede moet dus die vermoeë besit om buigsaam te wees en kreatiewe verandering te kan maak. Die telbord is op die volgende maniere noodsaaklik vir enige span:
Die telbord is noodsaaklik vir begrip
“Die telbord gee ‘n beeld van die spel op enige gegewe oomblik”
Selfs al kom jy laat by enige stadion vertel die telbord vir jou presies wat gebeur het en wat besig is om te gebeur. In hengel het ons ongelukkig nie ‘n telbord nie en dit maak dit vir die hengelaars moeilik om die wet te gebruik en tog is die wet die belangrikste wet tydens die kompetisie. Sommige dae is dit makliker om te bepaal as ander. Wanneer vis egter teen groot tempo uitkom verloor mens maklik tred met die telbord. In ‘n wereld kampioenskappe is dit selfs moeiliker want jy konsentreer so op jou eie aksies dat dit onmoontlik is om tred te hou hoe jy vaar. Hier kan die span kaptein en ander helpers hengelaars op hoogte hou aangesien daar wel telbord gehou word in elke sone.
In die Paalhengel wêreldkampioenskappe bv. Is daar ‘n “Marshall” vir elke hengelaar wie telling hou van die aantal vis wat die hengelaar gevang het en dit word op ‘n bordjie aangebring agter die hengelaar. Jy weet dus hoe goed of sleg jy in die sone vaar en kan aanpassings maak waar nodig.
Die telbord is noodsaaklik vir evaluasie
Persoonlike groei is die sleutel tot sukses. Die sleutel beginsel is:
Groei = Verandering
Wat groei betref is verandering alleen nie genoeg nie. Jy moet seker maak dat jy in die regte rigting verander. Daarom moet elke spanlid en jy jouself kan evalueer wat sal bepaal of verandering nodig is en in watter rigting dit gestuur moet word. Om te evalueer is dit nodig om ‘n telbord te hê want dit gee jou voortdurend terugvoering.
Die telbord is noodsaaklik vir besluitneming
As jy eers jou situasie ge-evalueer het is jy gereed om besluite te neem. In hengel weet die hengelaar of die spanbestuur daar is verandring nodig as die spanlid se tempo te stadig is, of hy net klein vis gevang kry. Die telbord wys die tendens uit en die regte aanpassings wat nodig is kan dan gemaak word om te slaag.
Die telbord is noodsaaklik om te kan aanpas.
Hoe hoër die vlak waarop jou span meeding hoe kleiner word die aanpassings wat nodig mag wees om jou beste te bereik.Die geheim van wen lê daarin om sleutel aanpassings te maak, en die telbord help jou om te sien waar die aanpassings gemaak moet word.
Die telbord is noodsaaklik om te kan wen.
Uiteindelik kan niemand sonder die telbord wen nie. Hoe sou jy sonder die telbord weet wanneer die wedstryd op die spel is? Hoe sou jy weet die tyd raakmin as jy nie na die telbord kyk nie? Gebruik die telbord as inspirasie om te verander waar nodig en te groei tot in ‘n wen posisie.
SPANWERKGEDAGTE
Wanneer jy weet wat om te doen, kan jy doen wat jy weet.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment