“Wanneer die span versuim om die prys te betaal, word sy potensiaal nie bereik nie”.
As ‘n span nie sy potensiaal bereik nie, is vermoeë selde die probleem. Dis ook selde ‘n kwessie van middele. Dis feitlik altyd ‘n kwessie van betaal. Een van die redes waarom spanne versuim om die prys te betaal ten einde hulle potensiaal te bereik is omdat hulle die wet van die pryskaartjie verkeerd verstaan.
Daar is 4 waarhede aangaande hierdie wet te noem wat jou sal help om dit self duidelik te verstaan.
Almal moet die prys betaal
Elke spanlid moet iets prysgee om ‘n lid van die span te wees. Dit mag ‘n valse rol wees wat jy jouself toege-ein het of om stil te bly, of om ‘n geheime aas ??? te deel of ‘n tegniek of so iets. Jy gee sekerlik iets prys, maar jy kry egtheid in ruil. Verder vernietig die span nie individuele prestasie nie, dit bemagtig eerder persoonlike bydraes!
‘n Goue gedagte: Tensy almal die prys betaal om te wen, sal almal die prys betaal deur te verloor!!!”
Moenie dink dat terwyl ander spanlede hard werk jy jou potensiaal kan bereik deur te dobber of water te trap nie. Dit werk nie.
Die prys moet deurlopend betaal word
Somige sportmanne glo dat as hulle ‘n doelwit bereik het, hulle nie verder hoef te groei nie. Die dag wat hulle ophou groei, is die dag wat hulle hulle potensiaal prysgee – en daarmee saam die potensiaal van hulle span. Solank jy groen is groei jy. Sodra jy ryp is, begin jy vrot.
Bestemmingsiekte is net so gevaarlik vir ‘n span as wat dit vir enige individu is. Dit laat ons glo dat ons kan ophou werk, ophou streef, ophou om die prys te betaal – en nog steeds ons potensiaal bereik. Daar bestaan geen plaasvervanger vir werk nie. Dit is die prys vir sukses. Oorwinnings kom ook nie teen afslagpryse nie, as jy dus jou potensiaal wil bereik moet jy nooit verslap nie.
Die prys verhoog as die span wil verbeter, verander of aanhou wen
Daar is min deurlopende kampioene in sport. Om ‘n kampioen te word het ‘n prys maar die prys is selfs hoër om ‘n kampioen te bly. Om jou beste te verbeter, kos selfs nog meer. Hoe hoër jy is, hoe meer moet jy betaal om selfs net klein veranderings aan te bring.
Meer prakties gestel om bo te kom moet jy oefen, slyp en skaaf. Om daarop te verbeter moet jy meer oefen en nog oefen, skaaf en slyp. Dit vra dus meer opoffering, meer prys om te betaal.
Om as span te verbeter moet die individu die prys betaal sodat die span die prys kan betaal.
Die prys verlaag nooit
Die meeste mense wat opskop gooi nie tou op aan die voet van die berg nie maar hulle draai halfpad om. Niemand begin iets met die doel om te verloor nie. Niemand kan ‘n spanlid dwing om die wil te hê om te slaag nie. Elkeen moet in sy eie hart besluit of die doelwit die prys werd is. Elkeen behoort egter te weet wat betaal sal moet word vir die span om te wen.
DIE PRYS VAN SPANWERK
Om spanspelers te word, sal daar minstens die volgende van jou en jou spanmaats verwag word:
Opoffering
Daar kan geen sukses wees sonder opoffering nie. Hy wat min wil bereik, moet min opoffer. Hy wat baie wil bereik, moet baie opoffer. Ongeag van hoeveel jy vir jou span gee, op een of ander stadium sal van jou verwag word om meer te gee. Dit is die aard van spanwerk. Die span bereik slegs die topunt deur sweet, bloed, en opoffering van die spanlede.
Verbind jou tyd
Spanwerk is nie goedkoop nie dit kos jou tyd – dit beteken jy betaal daarvoor met jou lewe. Dit kos tyd om mense te leer ken, verhoudings te bou te leer hoe jy en hulle saamwerk. Spanwerk kan nie in ‘n mikrogolfoond ontwikkel word nie. Spanne word sterk in ‘n prutpot-omgewing.
Persoonlike ontwikkeling
Jou span sal slegs sy potensiaal bereik as jy jou potensiaal bereik. Dit beteken dat vandag se vermoeë nie genoeg is nie. Ons kan dus nie word wat ons moet wees deur te bly wat ons is nie. Daardie strewe om steeds te strewe, steeds beter te word, is die sleutel tot jou vermoeë, maar dit is ook noodsaaklik vir die verbetering van jou span.
Onselfsugtigheid
“As jy jou beste vir die wêreld gee vergoed die wêreld jou daarvoor” Mense sorg van nature vir hulleself. Die vraag : “Wat beteken dit vir my?” is nooit ver van hulle gedagtes nie. As jy jou beste vir die span gee sal die span vir jou meer terugee as wat jy gee, en saam sal julle meer bereik as wat jy op jou eie kan bereik. Die belonings van spanwerk kan geweldig wees maar daar is altyd ‘n prys. Jy moet altyd prysgee om die prys te kry.
SPANWERKGEDAGTE
“Jy kry selde meer as waarvoor jy betaal het”
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment