‘n Goue gedagte: Spanmaats moet op mekaar kan staatmaak wanneer dit saakmaak”.
Die belangrikheid van die wet kom op sy duidelikste na vore wanneer daar baie op die spel is. Die kern van aanspreeklikheid is die vemoeë van spanmaats om saam te werk ter wille van dieselfde doelwitte. Dit gebeur egter nie vanself nie. Aanspreeklikheid is ook nie ‘n gegewe nie. Dit moet verdien word. Spanlede wat net op die maklike tye op mekaar kan staatmaak het nie aanspreeklikheid ontwikkel nie.
Aanspreeklikheid bestaan uit 5 eienskappe wat saamgevoeg, aanspreeklikheid is. As elke spanlid elk van die vyf eienskappe aangryp in homself en saam met ander, kan die span die aanspreeklikheid bereik wat nodig is om te slaag.
Karakter
Karakter maak vertroue moontlik. Vertroue maak leierskap moontlik. Vertroue is ook die fondament van alle wisselwerking tussen mense. As jy iemand nie kan vertrou nie, sal jy nie op hom staatmaak nie. Daar is geen plaasvervanger vir karakter nie. Jy kan verstand koop maar nie karakter nie.
Bekwaamheid
Karakter is moontlik die belangrikste eienskap maar dink hieroor. As jy moet gaan vir ‘n operasie as gevolg van ‘n siekte wat jou lewe bedreig, sou jy gelukkiger wees as jy ‘n goeie chirurg het wat ‘n slegte mens is of ‘n mens wat ‘n slegte chirurg is? Bekwaamheid tel en as die persoon in dieselfde span as jy is wil jy karakter en bekwaamheid hê.
Toeweiding
Spanne slaag of misluk alleen as gevolg van spanmaats se toewyding aan mekaar en aan die span. Mooiweerspanlede lei nie tot ‘n baie aangename spanervaring nie. Wanneer tye moeilik is, wil jy weet of jy op jou spanmaat kan staatmaak. Jy wil nie wonder of hulle by jou gaan staan nie. Ek onthou nog my diensplig dae toe ons ‘n blaar van ‘n boom moes gaan pluk het. Net omdat een spanmaat laaste terugekom het en ander hom vooruit gegaan het en gedink het dat dit hom sou vrywaar daarvan om weer te hardloop moes die hele span weer hardloop. Gou het ons agter gekom om die pas aan te pas en die wat sukkel om by te hou, saam te neem en te help. Spanwerk in aksie. Ware spanwerk verg die soort toewyding. As spanmaats dit nie kan regkry nie dra jy hulle die res van die pad ter wille van die span. Daar is egter perke en onthou die wet van die ketting.
Konsekwentheid
Dit beteken eenvoudig dat jou optrede te alle tye meetbaar is aan die standaard wat jy reeds gestel het. Elke span het sy konsekwente spelers op wie jy kan staatmaak wie sy spel of vaardighede op alle terreine ontwikkel tot so ‘n vlak dat jy altyd op hom kan staatmaak.
Samehorigheid
Spanmaats moet samehorigheid ontwikkel. Dit is die vermoe om bymekaar te staan, dit maak nie saak hoe moeilik die omstandighede word nie.
Daar is ‘n ou uitdrukking met betrekking tot spanne, ons trek of saam of uitmekaar. Sonder samehorigheid is mense nie werklik ‘n span nie want hulle trek nie saam nie. Hulle is bloot ‘n groep wat in dieselfde span deelneem.
‘n Amerikaanse Navy SEAL beskryf samehorigheid as volg:
Samehorigheid in ‘n span is een van daardie terme wat almal dink hulle verstaan. In werklikheid verstaan meeste mense dit gladnie. Dit beteken beslis nie dat almal van mekaar hou of gaaf is nie. Dit beteken jy het ‘n trots in die vermoeë van jou span om op hoër vlak te funksioneer as wat vir die individu moontlik is. Die span blink nie uit omdat jy ‘n lid is nie, jy blink uit omdat jy goed genoeg is om lid te wees.
“’n Goue spanwerk gedagte; Die grootste kompliment wat jy kan ontvang is dat daar op jou gereken kan word”.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment