“Swak gesindhede vernietig ‘n span!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!” Dit is die wet van die vrot appel.
Talent in ‘n span is nie genoeg om ‘n span suksesvol te maak nie. Jy kan ook nie sonder goeie hengelaars wen nie maar jy kan met hulle verloor.
Een persoon met ‘n swak gesindheid het die vermoeë om almal in ‘n span negatief te beinvloed. Die meerderheid mense soek normaalweg nie konflik nie en sal eerder van hulle sienswyse verander om vrede te bewaar en dit is hier waar die vrot appel vrot maak en die effek vermenigvuldig tot vernietiging.
Mense word normaalweg ook baie makliker negatief as positief en dit is waarom die wet van die vrot appel belangrik is om te ken.
“’n Goue gedagte: Goeie gesindhede onder spanlede waarborg nie ‘n span se sukses nie, maar verkeerde gesindhede waarborg sy mislukking”.
Wat is gesindheid? Kyk na die volgende;
Dit is die voorhoede van ons ware self.
Sy wortels is na binne maar sy vrug is na buite.
Dit is ons beste vriend of ons grootste vyand.
Dit is eerlik en meer konsekwent as ons woorde.
Dit is ‘n kyk na buite wat op ervarings van die verlede gebaseer is.
Dit is iets wat mense na ons aantrek of hulle afstoot.
Dit is nooit tevrede voordat dit uitgespreek is nie.
Dit is die bibliotekaris van ons verlede.
Dit is die spreker van ons hede.
Dit is die profeet van ons toekoms.
Daar is vyf waarhede omtrent gesindhede wat ‘n span kan raak naamlik;
Gesindheid het die mag om ‘n span op te hef of af te breek
Die voordeel van die wenner lê nie in aangebore gawes, ‘n hoe IK, of in talent nie. Die wenner se voordeel is gesindheid en nie aanleg nie. Te veel mense verset hulle teen daardie gedagte. Ek wil graag ‘n praktiese voorbeeld noem wat ek persoonlik gesien gebeur het.
Vroeer Gauteng provinsie gerelegeer na die A afdeling kampioenskappe. Hulle het onmiddelik die gesindheid gehad dat die SA’s vir hulle net soos ‘n liga gaan wees wat hulle gou gaan wen en terug promoveer na die Premier afdeling. Hierdie gesindheid het hulle openlik openbaar. (Kyk maar na die bullets hierbo en herken die onderdele van gesindheid wat hier uitkom) Hierdie aspek het die Limpopo span so gegrief dat hulle doelwit was om hulle ‘n les te leer. Die aspek alleen het die Limpopospan so bymekaar getrek dat almal hulle beste gelewer het en die somtotaal daarvan was ‘n silwer medalje vir die span. Ons het die goud met drie punte verloor, en ek sê verloor want ons het kritieke foute gamaak wat ons die punte gekos het. Stukkende nette en een mombakkies was deel van die foute.
Erger nog is dat dit Gauteng drie jaar geneem het om uiteindelik te wen en op te skuif na die Premier afdeling. Wat ‘n openbaring was dit nie van gesindheid in werking nie en dit illustreer baie duidelik die wet van die vrot appel. Die hoof vrot appel in die span was die spanbestuurder wat die gesindheid aangevuur het. Wanneer gesindhede verswak, verswak die potensiaal van die span. Wanneer gesindhede verbeter, verbeter die potensiaal van die span! In hulle guns wil ek ook noem dat ek opgemerk het hoe die verwaandheid oorgeskakel het na vasberedenheid en uitstekende leierskap in die span wat uiteindelik die knoop deurgehaak het. Die gesindhede van die span het met ander woorde aangepas by die doelwitte van die span.
Gesindheid vermenigvuldig wanneer dit aan ander blootgestel word.
Gesindheid is uitters aansteeklik, en selfs nog erger as griep. Mense neem ook die gesindheid aan van diegene met wie hy assosieer en tyd deurbring.
Baie dinge in ‘n span is daarenteen nie aansteeklik nie soos talent, ervanring, en gewilligheid om te oefen nie.
Wanneer ‘n leier en spanmaats veral ten spyte van ontmoedigende omstandighede positief en entoesiasties bly, bewonder ander daardie eienskap en wil hulle soos hy wees. As ‘n spanlid ‘n sterk werksetiek openbaar en ‘n positiewe invloed begin uitoefen, sal ander hom begin na-aap.
Swak gesindhede vermenigvuldig vinniger as goeies.
“’n Goue gedagte: Daar is net een ding wat meer aansteeklik is as ‘n goeie gesindheid en dit is ‘n swak gesindheid”. Dit is werklik vinniger as ‘n griep virus!
Somige mense dink dat dit baie deftig is om negatief te wees. Dit laat hulle dink hulle is slim of belangrik. Die waarheid is egter dat so ‘n negatiewe houding eerder die houer daarvan seermaak as help. Dit maak ook ander persone om hom seer.
Gisindhede is subjektief, dus kan dit moeilik wees om ‘n verkeerde een te identifiseer
Mense projekteer altyd na buite hoe hulle van binne voel. Gesindheid is in werklikheid omtrent hoe ‘n persoon is. Dit spoel oor in hoe hy optree. Wat die hart van vol is loop die mond van oor.
Hier volg ‘n paar swak gesindhede wat ‘n span kan vernietig sodat ons dit kan herken in onsself of in ander.
‘n Onvermoeë om verkeerde optrede te erken
Weiering om te vergewe
Kleinlike jaloesie
Die siekte van die eie ek
‘n Krietiese gees
‘n Begeerte om al die krediet vir homself te neem
“’n Goue gedagte: ‘n Slegte houding stam uit selfsugtigheid”.
Swak gesindhede wat aan hulleself oorgelaat word vernietig alles
Verkeerde gesindhede moet aangespreek word. Jy kan verseker weet dat dit altyd onmin, gegriefdheid, strydlustigheid, en verdeeldheid in ‘n span sal veroorsaak. Dit sal nie vanself weggaan as dit nie aangespreek word nie. Dit sal eenvoudig sweer en ‘n span vernietig saam met die kanse om sy potensiaal te bereik.
President Thomas Jefferson het eens gesê dat “niks kan ‘n man met die regte gesindheid keer om sy doelwit te bereik nie: niks op aarde kan die man met die verkeerde gesindheid help nie.
“’n Goue gedagte: Jou gesindheid bepaal die span se gesindheid”. Kom ons onthou die kerngedagte op pad na bo.
Die plek om te begin bou aan gesindheid is in jouself en nerens anders nie, veral nie by mede spanlede nie.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment