Thursday, December 27, 2007

ORION HENGELKLUB SE EERSTE VANGSTES BY FLAG BOSHIELODAM

Ten tyde van die neem van die fotos was die dam ongeveer 70% vol en was dit reeds duidelik dat dit begin styg het. Met die pos van die fotos op die blog was die dam reeds 109% vol en het dit ongeveer 'n meter oor die nuwe wal gevloei. Die kompetisie was die eerste van die nuwe Orion Hengelklub en het plaasgevind op die 17 de November 2007
Heinrich Fourie

Christo De Winaar


AJ Dreyer

Antonette Jordaan


Danie en Christo by die inweeg


Danie Joubert

Johan Fourie


Faan Coetzee


Andre van Dyk

Hannelie Coetzee

Monday, December 24, 2007

"Comments" nou oop vir almal

Neem kennis dat daar nou sonder enige registrasie "comments" gemaak kan word op enige van die artikels wat gepos word op die blog. Neem gerus deel aan die blog fasiliteit want dit gee my aanduiding hoeveel mense wel die blog besoek.

FEESGETY WENSE 2007

Dit is my voorreg om ook gedurende die tydperk aan al die lesers van die blog 'n hartlike toewensing te gee vir die Kersgety. Mag U almal God se vrede en vreugde ervaar deur die feestydperk maar ook daarna.

Mag 2008 ook U vir almal op 'n hoe noot begin en mag al U aspirasies vir die nuwe jaar bewaarheid word.

Dankie ook dat U hierdie blog gereeld besoek het en my vertroue is dat U dit meer gereeld in die komende jaar sal doen. My onderneming is ook om meer gereeld iets te pos wat vir almal betekenis sal he.

Groete

Faan coetzee