Wednesday, July 16, 2008

LIMPOPO KONDIG HENGELSPANNE AAN VIR 2008/09 HENGELJAAR

Die Limpopo Varswater Hengelvereniging het tydens die afgelope jaarafsluitings funksie sy nuuste spanne aangekondig wat die provinsie se naam hoog moet hou in die kommende jaar se kampioenskappe.

SENIOR MANS A SPAN

M.L. RUSCH - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
M.C. NIEL - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
D.A. BISHOP - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
M.C.J. BOTHA - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
C.J THEUNISEN - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
H.G. STEYN - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
M. COMBRINK - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
J. DUNN - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
G.P. GREEF - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
C.J. PIENAAR - LABEO HENGELKLUB
A.L. BEZUIDENHOUT - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
H. MATHUBELA - LABEO HENGELKLUB
T RICHARDS - ANGUILLA HENGELKLUB
SPANBESTUURDER: M CATO - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
SPANAFRIGTER: D. MURPHY - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB


SENIOR MANS B SPAN

H.P. HOLTZHAUSEN - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
D. PRETORIUS - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
H.J. BOSHOFF - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
A. VAN DYK - ORION HENGELKLUB
J. LIEBENBERG - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
H.C. WIEGGEL - LABEO HENGELKLUB
J.D. LOMBAARD - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
J.C PRETORIUS - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
B. SIEBERT - ORION HENGELKLUB
V.C GERBER - NOORDELIKE SWERWERS HENGELKLUB
W.J. STEYN - SAPD
B. BADENHORST - ANGUILLA HENGELKLUB
RESERWE: D NTSHIWINISHANE - ORION HENGELKLUB
SPANAFRIGTER: M.J.C. PIENAAR - LABEO HENGELKLUB
SPANBESTUURDER: J EBERSOHN - ANGUILLA HENGELKLUB

Die Meesterspan sal eersdaags afgekondig word. Weens 'n ntekort aan dames en junior hengelaars is daar nie vanjaar spanne in die kategoriee aangekondig nie en hengelaars wat belang sou stel om in die kategoriee te begin deelneem kan met die klubs in die provinsie kontak maak. Klub besonderhede is gelys op die blog onder hengelklubs.

Baie geluk hengelaars en ons hoop dat julle die provinsie se naam hoog sal hou.

Sterkte vir die jaar se bedrywighede.

NELDA MYBURGH PRESTEER IN MATCH HENGEL 2007/08


Op die 11de Julie 2008 het die Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie sy jaarlike kleure toekenningsaand in Vereniging aangebied. Gedurende hierdie geleentheid vereer die Nasionale liggaam hengelaars se prestasies behaal tydens die afgelope jaar en word nasionale en federasie kleure ook aan die onderskeie hengelaars toegeken.

Nelda Myburgh van die Limpopo provinsie se Varswater Oewerhengel Vereniging, en lid van die Labeo Hengelklub in Polokwwane was dan ook tydens die geleentheid vereer vir haar insluiting in die Dames Proteaspan wie gedurende Augustus aan die dames wereldhengel kampioenskappe in Hongarye gaan deelneem. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar waarin Nelda hierdie prestasie behaal het en Limpopo is trots op haar.

Tydens die Matchhengel faset se prysuitdeling wat ook gedurende die naweek afgehaldel is het Nelda verskeie toekennings ontvang vir haar deelname aan die bedrywighede van die unieke faset. Nelda het in April vanjaar die eerste Nasionale kampioenskappe vir dames gewen en het die eer gehad om as eerste dames matchhengel kampioens vir Suid Afrika gekroon te word. Dit is voorwaar 'n prestasie as in ag geneem word dat Nelda met van die beste hengelaars in Suid Afrika afgereken het.

Verder het Nelda ook derde geeindig op die ligawedstryd reeks vir die jaar en het ook die swaarste karp, baber, en twee moddervisse vir die jaar ingeweeg. Sy het ook drie van die wedstryde waarin sy gehengel het gewen en sertifikate daarvoor ontvang. Verder het sy ook 'n nuwe SA rekord opgestel met 'n oranjerivier moddervis van 1,5 kg. Met haar uistaande prestasies het sy ook weer gekwalifiseer vir deelname aan die Kewin Downey Memorial wedtsryd wat gedurende Desember beslis word. Die room van Suid Afrikaanse Matchhengel neem aan die toernooi deel wat met die hoogste prysgelde vir enige soortgelyke kompetisie spog. Na wat verneem word gaan die prysgelde die jaar die R100,000 perk bereik.

Met die oog op Nelda se deelname aan die komende wereld hengelkampioenskappe word U ook daarop gewys dat ons hengelaars alle kostes self moet dra en indien daar enige instansie of persoon is wat dalk kan help met geldelike bydraes dit hoogs waardeer sal word. U kan U breidwilligheid aan fcoetzee@ledet.gov.za epos waarna ek U sal verwys na die tesourier van die Limpopo provinsie vir inbetalings besonderhede.

Welgedaan Nelda !!

Tuesday, July 1, 2008

COMMENTS ON ARTICLES

Readers are requested to feel free to leave comments on items posted on the Blog to entice some degree of dialog. If there is something that you found interesting please say so or even if there is something negative please say so too as long as you do it in a polite way. If you dont remember everyone else will be reading your comment so it is up to you.

Please use this facility. It is open for everyone and you do not need to register anymore as in the past.

IMPORTANT! IF YOU HAVE AN INTERESTING ARTICLE YOU WOULD LIKE TO SHARE WITH FELLOW ANGLERS THIS IS YOUR CHANCE. EMAIL ME YOUR ATRICLE AND I WILL POST IT. AS EASY AS THAT. MY EMAIL ADDRESS IS coetzeef@ledet.gov.za

Enjoy !!! and remember,

Start each day with a new attitude and plenty of gratitude.
Live Well, Love Much, Laugh Often because it will change your life for the better.

Faan