Meng die vla en die koekmeel goed deurmekaar in 'n klein mengbak en voeg die tartrazine en sweetener by.
Roer goed deurmekaar tot alles gemeng is. Voeg nou water by in klein hoeveelhede en roer goed met 'n lepel. Hou aan water byvoeg totdat die mengsel 'n dukkerige tekstuur het wat stadig van 'n lepel sal afloop. Die mengsel moet nie klonte bevat nie en moet volledig gemeng wees.
Plaas die bakkie nou in die mikrogolfoond en stel dit op 1 minuut. Dit kan dalk minder tyd neem om gaar te word en persoonlike aandag is noodsaaklik. Begin kook en hou dop dat die menglel nie oorgaar word nie want dan sal dit soos rubber word.
Hou dop totdat jy sien daar is 'n klein poeletjie in die middel van die mengsel wat nog nie gaar is nie.
Haal die bakkie uit en roer die mengsel met 'n lepel sodat dit goed meng. As dit bietjie afgekoel is begin dit brei met jou hande om die tekstuur reg te kry. Moenie wag dat dit koud word nie, dit moet net hanteerbaar wees met die hande. Die tekstuur moet dieselfde wees soos die klei waarmee ons in graad 1 gespeel het. As dit te lank in die mikrogolf oond gebak word word dit te taai en is dit onbruikbaar. Maak dus seker dat jy dit dophou terwyl dit bak.
Gebruik dit as kappie agter jou floatie, pit of jou deegie. Dit kan selfs as klein bolletjie netso op die hoe ook aangewend word. Dit word lekker sag in die water en gee 'n lekker tekstuur aan jou aas in die water wat baie aanvaarbaar is vir die vis.
Laat dit heeltemal afkoel en verpak in 'n banksakkie en hou oornag in die koelkas. Plaas dit in jou koelboks en haal uit net wanneer jy dit nodig het. Hou dit uit die son om vars te bly. Dit hou ongelukkig net vir een hengeluitstappie. As jy dit nie heeltemal laat afkoel nie sweet dit in die sakkie en dit maak die "backing" sag en smetterig en onbruikbaar.
Die "backing" is lekker lig en as dit saam met 'n floatie gebruik word is die aas "boyant" en word dit maklik deur 'n karp ingesuig. Die feit dat dit ook lekker sag raak in die water veroorsaak dat dit baie geur afgee wat ook veroorsaak dat die vis dit makliker opspoor.
Artikel en foto's deur Faan Coetzee
No comments:
Post a Comment