Hierdie naweek is die groot toets wanneer ek dit met papgooi (Oewerhengel) gaan probeer. Dit sal die ware toets wees. Die metode om die ouens te kweek (Die Aussies noem hulle "gents") is nie te moeilik nie maar jy kan bietjie punte by ma verloor as jy dit nie reg doen nie!!!! Daar is metodes wat jy kan gebruik om hulle te kweek sonder dat daar enige reuk is tot die dag aanbreek wat hulle gereed is om vir die hengel voor te berei. Die proses vat enigeiets van 7 tot 15 dae afhangende van die weer en die tipe vlieg of brommer wat die eiers gele het. 'n Mens kan dus sorg dat jy vars maggots het vir jou hengel uitstappies deur die regte dag te kies om die vleis uit te plaas. Maggots kan ook in die yskas gehou word en kan tot 4 weke aan die lewe gehou word. So met beplanning kan jy altyd die gewilde aas beskikbaar he. Die yskas houery kan jou egter meer punte kos tensy jy jou eie ou yskassie in die kroeg daarvoor gebruik.
Friday, January 4, 2008
MAGGOTS IN SUID AFRIKAANSE HENGEL?
Hou gerus die spasie dop vir nuus oor die onverkrygbare aas in Suid Afrika. Maggots word as die gewildste aas in Europa beskou en word reeds jare lank daar geteel uitsluitlik vir die hengelsport en is reeds 'n multimiljoen Euro industrie. Sal dit in Suid Afrika werk of nie? Ek het pas 'n aantal van die kriewelende gedoentes gekweek en reeds een hengel sessie daarmee gevang en ek het sukses gehad. Daarmee moet ook onthou word dat ek dit op match hengel tegniek gebruik het soos wat dit in Europe gedoen word.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment