Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN DIE BETEKENIS

Die “Lone Ranger” was ‘n mite want, Tonto was altyd daar om hom te ondersteun, hulle was dus ‘n span, punt. Niks van betekenis was nog ooit deur iemand wat alleen opgetree het bereik nie. Agter elke suksesvolle hengelaar staan daar gewoonlik ook ‘n vrou of hengel weduwee.

Selfs Albert Einstein wat die wereld met sy relatiewiteits teorie hervorm het, het nie alleen gewerk nie en hy het self gese dat “Ek besef elke dag herhaaldelik hoe baie my uiterlike en innerlike lewe op die inspanning van my medemens, lewend sowel as oorlede gebou is, en hoe toegewyd ek moet werk om soveel terug te gee as wat ek ontvang het”.

‘n Sjinese uitdrukking lui ook dat “agter elke bekwame man is daar altyd ander bekwame manne”. Daarom is die waarheid dat spanwerk die kern vorm van groot prestasie. Individue speel die spel maar spanne wen die kampioenskappe.

Daar is vier dinge wat sommige mense steeds take alleen wil laat doen. Hierdie dinge behoort as jou vyande beskou en behandel te word.

1. EGO

Spanwerk begin eers wanneer ‘n mens konsentreer op “ons” in plek van “ek”. Die vraag is dus nie of jy alles self kan doen nie; dis hoe gou jy gaan besef dat jy nie kan nie. Jy kan nie vir jou span ‘n ander sone wen as die een waarin jy hengel nie!!!!

2. ONSEKERHEID

Voormalige VSA President Woodrow Wilson het eens gesê dat “ons behoort nie net ons volle verstand te gebruik nie, maar boonop alles wat ons kan leen”. Leiers wat onseker is wil gewoonlik of beheer hou oor alles waarvoor hulle verantwoordelik is , of hulle word bang dat iemand wat meer bekwaam is, hulle gaan vervang. Daardeur erodeer hulle nie net hulle eie potensiaal nie maar ook die pogings van die mense met wie hulle werk.

3. NAïWITEIT

‘n Sekere persoon genaamd John Ghegan het ‘n bordjie op sy lesenaar wat sê; “As ek dit alles weer van vooraf moes doen sal ek hulp kry”. Dit som op dat sulke persone nie spanbouers is nie maar afbrekers. Hulle kom gewoonlik te laat agter dat hulle nie hulle doelwitte alleen kan bereik nie. Somiges is in staat om uit hierdie kassie te klim en te herstel maar ander faal gewoonlik heeltemal.

4. TEMPERAMENT

Daar is al gevind dat mense meer bereik deur met ander saam te werk as om teen hulle te werk. Hoekom sal jy die reis alleen wil aanpak as jy ander kan saamnooi. Sou jy ‘n goue medalje as individuele wenner geniet as jou span nie ook op die podium kan staan nie? Jy sal dit menigvuldige kere meer geniet as jy dit, plus ‘n spanmedalje kan verower.!!!! Temperament word beskou as ‘n gawe en moet voortdurend vertroetel word om aan die lewe te bly. Groot kompetisie bou temperament en word gevoed deur selfvertroue daarom is dit kardinaal belangrik om onsself met alle kennis toe te rus, en tegnieke te slyp op alle tereine van die faset. Hoe meer ons kompeterend hengel hoe beter sal ons temperament word. Kyk maar na die doelwitte later gestel in die dokument.

“‘n Goue gedagte: Jy kan niks wat werklik van waarde is alleen doen nie. Dit is die wet van betekenis”

Evalueer jouself teenoor die vier aspekte hierbo genoem en as jy enige van hulle in jou mondering bespeur moet jy onmiddelik pogings aanwend om dit te oorkom. Hoe gouer jy ‘n spanspeler word , hoe gouer sal jy jou drome verwesenlik.

No comments: