“Goue gedagte: Die doelwit is belankriker as die rol.”
In ‘n kultuur wat die lof van individuele goue medaljes besing en waar elkeen vir regte stry eerder as om op eie verantwoordelikheid te konsentreer, is mense geneig om die geheelbeeld uit die oog te verloor. Trouens, soms lyk dit of sommige mense dink hulle iś die hele prentjie: alles draai om hulle behoeftes, hulle doelwitte en hulle begeertes. Is jou idees miskien die volgende? “my idee van ‘n span is ‘n klomp mense wat doen wat ek se hulle moet doen ???????
Om in sport te wen moet lede van die span altyd die geheelbeeld voor oë hou. Hulle moet onthou dat die doelwit belankriker is as hulle rol, of enige individuele roem wat hulle dalk begeer. Om individueel te wen bou enige persoon se ego maar om as span te kan wen tel meer en beteken meer. Sou jy self die swakste in jou span gevaar het maar die span wen steeds die medalje sal jy self goed voel daaroor en sal jy daarmee kan vereenselwig en sal dit vir jou groot betekenis hê want sonder jou bydrae, hoe gering dit ookal mag voorkom, sou die span dit nie behaal het nie! Onthou ook dat jy ook beskou sal word as ‘n kampioen !
“Goue gedagte: As jy jouself as volmaak beskou, sal jy blind wees vir ware volmaakheid”
DIE SPAN IS ALLES
Vir ‘n span om sy potensiaal te bereik, moet elke speler bereid wees om sy persoonlike doelwitte aan die doelwitte van die span ondergeskik te stel. Spanne wat ‘n, elkeen vir homself gesindheid, koester het nog nooit werklik tot hulle reg gekom nie. Veral in ons geliefde sport kan die aspek maklik na vore kom en het dit al. Elke hengelaar is eintlik ‘n speler wat sy persoonlike beste moet gee om die span te laat presteer maar die geheim lê daarin dat deel van jou poging om jou beste potensiaal te bereik moet wees om jou spanmaat saam te neem. As ons dit kan regkry sal goud binne bereik wees.
HOE OM DIE HEGEELBEELD RAAK TE SIEN.
Om die geheelbeeld raak te sien moet jy nie vergeet om te onthou dat elke persoon in die span ‘n rol het om te speel nie, en elke rol doen sy deel om tot die geheelbeeld by te dra. Sonder daardie perspektief kan die span nie sy doelwit bereik nie.
Winston Churchill het op ‘n dag ‘n skare van tienduisend mynwerkers toegespreek om aan hulle te vertel hoe belangrik hulle was in die oorlogspoging. Hoe hulle rol die doelwit om Britanje se vryheid te behou kon maak of breek.
Hy het die prentjie geskilder deur te sê dat eerste sou die matrose kom dan sou die briljante vlieniers kom wat die Duiste Luftwaffe afgeweer het, dan die soldate wat by Dunkirk geveg het en laaste sou die mynwerkers in hulle helms en swart gesigte van steenkoolstof kom. Hy het aangedui dat iemand miskien sou vra “maar waar was julle gedurende die kritieke tye van die stryd?” en die tienduisend stemme sou antwoord “ons was diep onder die grond met ons gesigte teen die steenkool !” Daar word gese dat daardie geharde manne met trane in hulle oe vasberade na hulle roemlose werk terug gekeer het. Hulle was ‘n integrale deel van die geheelbeeld.
“Goue gedagte: Nie almal in ‘n kampioenskapspan kry publisiteit nie maar almal noem hom ‘n kampioen.”
Dit kos moed en vasberadenheid om te besef dat die doelwit belankriker is as die rol. Om te doen wat beste is vir die span is nie ‘n kleinigheidjie nie. Dit beteken dikwels die opoffering van persoonlike bevrediging, individuele statistiek, of persoonlike roem. Dit is wat dit verg, niks minder nie.
WAT GAAN AAN MET GEHEELBEELDSPANNE?
Hoe verander individue van onafhanklike mense na spanspelers wat ‘n voorbeeld is van die wet van die geheelbeeld? Dit neem tyd en die volgende;
1. Kyk op na die geheelbeeld
Alles begin met ‘n visie. Jy moet ‘n doelwit he. Sonder ‘n doelwit kan ons nie ‘n regte span he nie.
“Goue gedagte: As jy nie weet waarheen jy op pad is nie gaan jy op ‘n ander plek beland!”
As almal in die span die visie om die geheelbeeld te bereik aangryp het die mense die potensiaal om ‘n doeltreffende span te word.
2. Som die situasie op.
Een van die waardes van die geheelbeeld is dat dit jou help besef hoe ver jy werklik nog moet gaan om dit te kan bereik. In effek beteken dit dat jy slegs die hengelaars in jou sone moet klop om jou doelwit te kan bereik. Dit sal dan die span help om sy doelwit te bereik.
Bly dus voortdurend op hoogte van jou eie posisie en as daar ruimte is vir verbetering moet nie skroom om iets daaromtrent te doen nie. Nie môre nie maar onmiddelik en ruim dit uit die weg. Evalueer deurgaans jou se posisie in die sone deur dop te hou wat gebeur rondom jou. Daardeur sal jy weet wat jy nog moet insit om jou doelwit te bereik.
3. Maak ‘n lys van middele wat benodig word.
Hier kom fisiese voorbereiding in. Ek het al as bestuurder van ‘n span opgetree dat ‘n hengelaar 12 uur die middag vir my vra of ek nie dalk ekstra voer saamgebring het nie want sy voer is op. Dit nadat ons reeds twee oefendae gehengel het. ‘n Ander een het weer net sy 10 voet stokke dam toe gebring en toe die wind opkom kon hy nie weer sy kol bereik nie en het die laaste 3 uur geen vis gevang nie. Sy 13 voet stokke het hy by die kamp gelos want hy het gedink dat die wind nie sou waai nie. Dit was nogal in Noordeindemeer waar die wind feitlik altyd ‘n faktor is. Vergeet jou disgorger by die huis en sien hoe gaan jy sukkel om hoeke uit te kry en hoeveel tyd jy daardeur gaan verloor!
Maak ‘n lys van wat jy benodig want as jy nie reg voorberei is nie kan jy nie jou doelwit bereik nie. In Portugal het die reserwe wie die tweede dag moes hengel eers agter gekom na die sein dat hy nie sy skepnet se steel gebring het nie. Daarsonder sou hy nie ‘n vis kon land nie. Gelukkig was die Marshal nie te sleg nie en het hy toegelaat dat ‘n ander hengelaar vir hom een leen om verder te kon gaan. Dit kon fataal gewees het.
4. Roep die regte spelers op.
Jy kan met goeie spelers verloor maar jy kan nie met swak spelers wen nie. Ek glo die beste span is op die dag gekies en my persoonlike mening is dat die span die potensiaal het om alle vorige spanne se prestasies te oortref en wel om dit goed te doen, dit is as julle die lus en guts het om dit te wil doen. En glo my dit gaan nie aangestap kom nie ons sal dit met ‘n wereldklas poging moet wen. Dit is waaraan ons moet aandag gee. My evaluering na die wedstryd by die forelplaas is dat ek glo nou nog meer dat ons wel die potensiaal het maar dat is nog baie werk is om te doen.
5. Laat vaar persoonlike agendas
Spanne wat wen het spelers wat hulle voortdurend afvra: ‘Wat is die beste vir die span?’ Ray Kroc die stigter van die restaurant groep McDonalds het gese “Nie een van ons is belangriker as die res van ons nie” Kyk waar is McDonalds vandag.
6. Klim na die volgende vlak
‘n Span kan slegs na ‘n hoër vlak beweeg wanneer spelers bymekaar kom en hulle eie agendas prysgee. Baie mense kies egter om aan hulle eie agendas vas te kleef en die weë van hulle eie opgeblase ego’s te volg eerder as om dit te laat los om iets te bereik wat groter is as hulleself.
Hierdie is maar ‘n kwessie van gesindheid. Om te groei moet verandering plaasvind. Besluit om te groei en beweeg na die volgende vlak. Daar is nie ‘n ander keuse nie anders mors jy jou geld en tyd.
‘N GEDEELDE DOELWIT
Ons span se gedeelde doelwit is om die gouemedalje as span te verower. Word deel van iets wat groter is as jyself want jyself kan dit nie vermag nie maar jy en jou ander spanmaats kan. Die doelwit is belangriker as die rol. Dit is die wet van die geheelbeeld.
‘N SPANWERK GEDAGTE
Wanneer jy die geheelbeeld duidelik sien dien jy gouer die span.
Hoe kan jy ‘n beter spanlid word: Watter doelwit in jou lewe is groter as jyself? Neem jy tans deel aan iets wat groter is as jyself? Wat is jy bereid om te doen om dit te bereik? Is jy bereid om, indien nodig, ter wille van die span ‘n ondergeskikte rol te vertolk? Indien nie kan jy dalk die suksesse van die span kortwiek.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment