Saturday, June 2, 2007

SPANWERK: DIE WET VAN DIE NIS

Alle spelers het ‘n plek waar hulle die meeste waarde toevoeg. Dit is basies die definisie van ‘n nis.

Hierdie wet het meer betrekking op die spanleier maar spanlede moet wel ook kennis neem om te kan verstaan hoekom sekere besluite soms in spanverband geneem word, of hoekom penmaats soms saamgegroepeer word. Ek het al voorheen klem daarop gelê dat jy kan dinge doen wat jou spanmaat nie kan doen nie en andersom. Die doel van die wet is dus om leemtes wat ontstaan dus ten beste van die span aan te vul. Enige span het leiers en volgers en albei word na dieselfde waarde geskat om die potensiaal van die span te kan bereik. ‘n Span met net volgers is onnatuurlik en sal nêrens kom nie.

Om twee persone wat weens persoonlikheids redes nie met mekaar oor die weg kan kom nie op ‘n pen te groepeer sal fataal wees. As die keuses afgedwing word gebeur gewoonlik die volgende;
Die span se moreel word ge-erodeer omdat die span se vermoee nie benut word nie
Ander spanlede wat weet dat hulle beter sou kon doen in ‘n posisie raak gegrief
Onwilligheid om in ‘n span te werk en saam te werk kom na vore
Almal in die span se vertroue word ge-erodeer en die toestand vergerger voortdurend
Die span maak nie meer vooruitgang nie
Die kompetisie buit die swakhede uit
Die span bereik nooit sy potensiaal nie.
Gaan huistoe sonder medalje!!!!!!

Waneer mense nie is waar hulle dinge goed doen nie, werk dinge ook nie goed uit nie. Dit is die wet van die NIS.

Die verkeerde persoon + Verkeerde plek = Agteruitgang
Die verkeerde persoon + Regte plek = Frustrasie
Die regte persoon + Verkeerde plek = Verwaring
Die regte persoon + Regte plek = Vooruitgang
Die regte mense + Regte plekke = Vermenigvuldiging

Vir spanleiers om hierdie aspekte reg te kan hanteer moet hy sy spelers ken en hulle daarvolgens reg aanwend om die potensiaal van die span te bereik. Hy moet ook die situasie ken want al bly die visie of doel van die span dieslefde verander die situasie voortdurend.

Dit is reeds jare lank so dat die resewe van ‘n span tydens die kampioenskappe op die tweede dag ingespan word in die plek van die hengelaar wat die swakste gevaar het. Dit klink alles goed en edel. Maar wat gaan ons doen as die hele span baie goed presteer en al jou hengelaar is goed geplaas, gaan ons dan nog die kans waag om iemand wat relatief goed doen te vervang met iemand wat jy nie weet of hy in die situasie sou waarde byvoeg nie? Of se nou maar jou reserwe doen die beste tydens die oefendae, gaan jy hom nie eerder in jou span plaas as aanvangs hengelaar nie? Dit sal kontorversieel wees en miskien teen die reels van span samestelling maar dit sal binne die reels van gesonde spanwerk wees om die regte skuif te maak.

No comments: