Namate die uitdaging toeneem verhoog die behoefte aan spanwerk.
Op 29 Mei 1953 het Sir Edmond Hillary op die kruin van Mount Everest gestaan, alleen?, NEE Tenzing Norgay was saam met hom daar en langs die berg af was daar tientalle ander lede van sy span om logistieke steun te verskaf om die poging susksesvol te kon maak. Tussen twee en driehonderd mense is gehuur om twee en ‘n half ton kos en toerusting 180 myl deur onherbewrgsame wildernis na ‘n basiskamp te dra. Vanaf die basiskamp moes 40 draers en ‘n Sjerpa voorade na die volgende vlak dra. Die beste derde van daardie span ervare draers en bergklimmers sou voortgaan om hoër teen die berg op te klim. Hulle het die 750 pond toerusting wat nodig was in 30 pond vragte gedra. Slegs Tenzing en drie ander draers sou die krag en vaardigheid hê om die hoë kampe naby die top te bereik.
Elke vlak wat die klimmers bereik het het ‘n hoër vlak van spanwerk vereis. Een groep mans het hulleself uitgeput om die toerusting vir die volgende groep berg op te dra. Twee manne sou hulle weg teen die berg uitbaan, ‘n weg vind, trappies sny, toue vasmaak. Hulle sou dan klaar wees nadat hulle die weg vir die ander span moontlik gemaak het. Stelselmatig was die spanne uitgedun tot net twee die piek bereik het en gedoen het wat niemand nog ooit vermag het nie.
Voor Edmond Hillary en Norgay het sowat honderd klimmers reeds op die berg gesterf omdat hulle nie die uitdaging reg hanteer het nie. Tenzing Norgay het ontwikkel as die beste en mees gerespekteerde gids ter wêreld en het na die eerste ervaring reeds verskeie ander klimmers tot op die top van die berg gelei met sukses.
WAT IS ONS EVEREST?
Wêreldkampioenskappe 2005? Droom jy van ‘n goue medalje? Onthou jy het ‘n span nodig om dit te bereik. Dit is absoluut goed en reg om ‘n droom te hê. Party mense konsertreer egter te veel op die droom en te min op die span. Elke droom bring sy eie uitdagings mee.
HOE OM ‘N BETER SPANLID TE WORD
Wat is jou spontane eerste reaksie wanneer ‘n uitdaging moeliker word. Ontrek jy jouself om te gaan dink? Probeer jy die probleem alleen oplos? Bly jy weg van ander mense ten einde die druk te vermy? Of steun jy op jou spanmaats en laat jy hulle toe om op jou te steun. As jy dit nog nie doen nie , leer jouself om jou spanmaats om jou te skaar. Jy kan nie ‘n groot uitdaging alleen wen nie. Soos Tenzing self gese het “Op ‘n hoë berg los jy nie jou makkers en gaan alleen tot op die kruin nie”.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment