Saturday, June 2, 2007

SPANWERK : DIE WET VAN DIE KETTING

Die span is so goed soos sy swakste skakel.

Seker een van die mees bekendste stellings en ook een van die waarste gesegdes.

Weereens lê die bestek van die wet hoofsaaklik by die bestuur van die span en die keurders wie aanvanklik die spanne saamstel. Kortom sal ‘n verkeerde keuse aanvanklik nie noodwendig regestel kan word tydens die jaar nie tensy ‘n swak skakel ontwikkel kan word om tot ‘n hoër vlak te beweeg. Die wil moet ook bestaan om te ontwikkel en dit is hier waar gesindhede baie mense in die voet skiet.

Swak skakels kan egter ook wees skakels met ‘n swak gesindheid. “n gesindheid kan slegs verander word deur die persoon aan wie dit behoort. Sulke spanspelers het al goeie spanpogings in die verlede gesink en ons moet waak daarteen dat dit nooit weer gebeur nie.

Dit is dus spanbesture so plig om swak skakels te kan identifiseer en dat probleme hieromtrent die hoof gebied word. Swak skakels kan egter ook enige tyd in enige span opduik bloot weens sekere omstandighede wat dit na vore bring. Jou spanlid wat moontlik nie die vermoeë het om ‘n wagler akuraat te gooi nie, of wie nie die regte gerei het nie gaan jou swak skakel wees. Hy hoef dus nie noodwendig gesien te word as ‘n slegte persoon of minder aanvaarbare persoon vir die span nie. Ons moet onthou dat Match Angling is ‘n totaal ander konsep as waaraan ons tans gewoond is en dit is baie tegnies van aard. Dit verg van elkeen van ons wat dit doen om aanpassings te maak en ander kry dit vinniger reg as party.

Om ‘n swak skakel in ‘n span te versterk kan jy net twee dinge doen naamlik:

Lei hom op; of
Ruil hom uit.

DIE EFFEK VAN ‘N SWAK SKAKEL

Dit is vir ons almal nodig om kennis te neem van die effek sodat ons ook kan erken as ons dalk ‘n swak skakel is of word. Spanlede wat nie hulle kant bring nie vertraag die span en het ‘n uitwerking op jou leierskap. Verskeie dinge kan gebeur as ‘n swak skakel in ‘n span bly. Miskien is die idee om die reserwe die laaste dag te laat hengel in die plek van jou swakste presteerder hier van toepassing. Dit kan veral belangrik wees indien ‘n lid werklik die span se prestasie in gedrang bring en jou reserwe ‘n beter resultaat kan verseker. Sou dit met jou gebeur moet jy as spanspeler groot genoeg wees om ter wille van span prestasie die feite in die oë te staar. Daar moet ook gewaak word dat so ‘n ruiling nie juis die span meer in die voet kan skiet nie. Daarom moet die reserwe te alle tye as deel van die span opgelei word en deurgaans geevalueer word om hom ook toe te rus om ten volle gereed te wees om so ‘n plek vol te staan.

1. Die sterker lede identifiseer die swakkere

Geen swak skakel kan wegkruip nie en jou sterk mense in die span weet altyd wie nie die vlak van al die ander bereik het nie. Die prestasies van die res van die span sal ook die swak skakel identifiseer.




2. Die sterker lede moet die swakkere help

As ons as span moet saamwerk het ons twee keuses naamlik om die swak skakel of skakels te ignoreer en in die span laat bly en daaronder ly, of hulle kan hulle help en die span meer suksesvol maak. As ons spanspelers is sal ons help.

3. Die sterker spelers sal die swakeres begin kwalik neem

Of sterk spanlede help of nie, die gevolge sal altyd dieselfde wees: gegriefdheid. Niemand hou daarvan om konsekwent as gevolg van dieselfde persoon te verloor of agter te bly nie. Die effek van die probleem vermenigvuldig dus indien dit nie opgelos word nie.

4. Die sterker lede word minder doeltreffend

Om iemand anders se las benewens jou eie te dra kompromiteer jou prestasie. Indien jy dit oor ‘n lang tydperk doen, dan ly die hele span daaronder.

5. Die sterker lede bevraagteken die leier se vermoeë

In kort verloor jy die respek van die bestes as jy nie die swakstes behoorlik hanteer nie.

Wanneer ‘n leier toelaat dat ‘n swak skakel deel bly van die span begin die spanlede wat gedwing word om vir die swak een te kompenseer, die leier se vermoeë en onderskeidingsvermoeë in twyfel te trek. Leiers wie nie verantwoordelikheid neem nie dien nie die span nie. In my eerste jaar met die Junior Proteaspan in Portugal het hierdie wet tot sy reg gekom. Daar was twee moeilikheid makkers wat eenvoudig daar was meer vir die jol as om alles te gee. Die effek was dat die een veral min samewerking gegee het en die resultaat dat hy baie swak tydens die amptelike oefening dae gedoen het. Hierdie seun was SA se victor ludorm op die mini proewe. Ons het geen keuse gehad as om hom met die reserwe te ruil vir die eerste dag nie. Die span het na dag een 18 de uit 22 lande ge-eindig. Ingevolge ‘n bestuurs besluit het ons hom toe die laaste dag laat hengel en die resultaat was ‘n blank en die span skuif af na 21 st posisie. Ten spyte van die feit dat ek die meeste van die dag saam met hom gesit het en instruksies gegee het kon hy eenvoudig nie rekom nie. Dit het later aan die lig gekom dat hy geen stroppe opgemaak het soos die ander hengelaars nie, en het dus nie volgens die wedstryd plan gehengel nie. ‘n Voorbeeld van ‘n swak skakel in aksie.

HOE OM DIE KETTING STERKER TE MAAK

Swak spanlede neem gewoonlik tyd van sterker lede in beslag omdat hulle altyd moet tyd afstaan om die swakeres te help. Hoe groter die onderskeid tussen goed en swak hoe groter word die nadeel vir die span.

As mense op ‘n skaal van 1 – 10 beoordeel word (Met 10 as die beste) maak 5 onder 10’s werklik die span seer, terwyl 8 onder 10’s dit dikwels nie doen nie.Wanneer mense in ‘n span saamgevoeg word, word hulle talente ook saamgevoeg wat op ‘n manier ooreenstem met somme. Visueel lyk ‘n 5 tussen 10’e soos volg:

10+10+10+10+5= 45

Die verskil tussen die span en grotes met 5 tiens is 10% As ‘n span dus eers chemie, sinergie en momentum begin ontwikkel, stem dit met vermenigvuldiging ooreen. Dit is die verskil tussen:

10 X 10 X 10 X 10 X 10 = 100,000

en dit:

10 x 10 x 10 x 10 x 5 = 50,000

Dit is ‘n verskil van 50% . Die krag en momentum van ‘n span kan dalk vir ‘n ruk lank kompenseer vir ‘n swak skakel maar nie vir altyd nie. ‘n swak skakel beroof eintlik die span van momentum en potensiaal.

Weet ook dit: Wat wisselwerking tussen mense betref, beheer die swakker persoon gewoonlik die verhouding. Veral wanneer die persoon ‘n gesindheids probleem het.

HOE OM ‘N BETER SPANLID TE WORD

Die meeste mense se natuurlike neiging is om hulle self teenoor hulle beste eienskappe te meet terwyl hulle ander aan hulle swakste eienskappe meet. Hulle WYS hulle vinger na areas waar hulle spanmaats nog moet groei. Die waarheid is egter dat elke persoon verantwoordelik is vir sy eie groei. As elke spanlid hierdie verantwoordelikheid aangryp en glo dat hy nog moet groei, kan hy groei en die span sal sy potensiaal bereik !!

Kyk goed na jouself. Gebruik die norme uit die voorgaande en stel vas waar jy die span moontlik kan kortwiek. Indien jy leemtes identifiseer doen iets omtrent dit om te verbeter. Eerlikheid teeroor jouself is ‘n baie goeie en nuttige eienskap.

No comments: