Wenspanne het spelers wat dinge laat gebeur.
Spanne word nie vanself beter nie. As hulle aan hulleself oorgelaat word groei hulle nie en verbeter hulle nie, en bereik hulle nie kampioenskapskaliber nie.
Die weg na die volgende vlak is altyd opdraende, en as ‘n span nie doelbewus boontoe beweeg nie gly dit noodwendig af. Die span verloor sy fokus, verloor ritme en momentum, die energie neem af en die eenheid word verbreek. Dit is waarom ‘n span altyd ‘n katalisator nodig het.
‘’n Goue gedagte: Katalisators is mense wat meer doen as net dinge gedoen kry”.
Ek is van mening dat ons span oor verskeie katalisators beskik wat ons tot voordeel strek.
Katalisators het verskeie eienskappe wat die volgende insluit:
Intuitief
Spraaksaam
Hartstogtelik
Talent
Kreatief
Inisiering
Verantwoordelik
Ruimhartig
Invloedryk.
As jy al, of ‘n groot gedeelte van die eienskappe in jouself kan identifiseer is jy ‘n katalisator in die span. Daarsonder, is jy steeds ‘n baie gewaardeerde topspanlid wat almal graag in sy span sal wil he. Al die eienskappe kan egter aangeleer word en ‘n persoon kan dus ook ‘n katalisator word.
HOE OM ‘N NOG BETER SPANLID TE WORD.
Hoe is jy wanneer jou span ‘n krisis tyd ervaar? Wil jy die bal hê, of sou jy liewer wou hê dat iemand anders die bal moet vat? As daar meer katalisators in die span is, dan sou jy nie in ‘n noodgeval die speler wat dinge aanpak wou wees nie.
Begin jouself verbeter deur die volgende dinge te doen:
Vind ‘n mentor. Spelers word slegs katalisators met die hulp van mense wat beter is as hulleself. Vind iemand wat dinge laat gebeur om jou op jou pad te help.
Begin ‘n groeiplan. Sluit aan by ‘n program wat jou sal help om jou vaardighede en talente te ontwikkel. Jy kan nie die span tot ‘n hoër vlak neem as jy nie self daar gekom het nie.
Beweeg uit jou gemaksone. Jy sal nie weet waartoe jy in staat is voordat jy probeer het om meer te doen as wat jy voorheen reggekry het nie.
As jy die die dinge doen sal jy dalk nog nie ‘n katalisator word nie maar jy sal ten minste die beste word wat jy kan wees, naamlik ‘n gewaardeerde spanlid – en dit is wat van jou verwag word.
Saturday, June 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment